• Tuisblad
  • Sake
  • Bekende landbou-ekonoom Johan Willemse kom praat
Prof. Johan Wilemse is op 3 November die gasspreker by 'n sakeontbyt in Windhoek. FOTO VERSKAF
Prof. Johan Wilemse is op 3 November die gasspreker by 'n sakeontbyt in Windhoek. FOTO VERSKAF

Bekende landbou-ekonoom Johan Willemse kom praat

Die bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom en rubriekskrywer vir Landbouweekblad en Sake24, prof. Johan Willemse, is op Donderdag 3 November die gasspreker by ’n sakeontbyt in Windhoek wat deur Netwerk Namibië aangebied word.

Hy sal makro-ekonomiese tendense bespreek en raad gee hoe om 'n sakeonderneming in die lig hiervan, te posisioneer.

Afgesien van sy suksesvolle akademiese loopbaan, is Willemse ook ‘n familie-entrepreneur saam met sy vrou, Marlene, en hul dogters, waar die familie oor tyd verskeie ondernemings suksesvol ontwikkel het.

Hy het reeds twee keer aangewys as Landbouskrywer van die Jaar, en was al ABSA/Sake se Ekonoom van die Jaar, die veevoervervaardigers se Persoon van die Jaar, die Landbouskrywersvereniging (sentrale streek) se Landboukundige van die Jaar en talle ander.

Willemse was lid van die eerste Nasionale Landboubemarkingsraad in Suid-Afrika wat landboubemarking dereguleer in die 1990’s. Hy was ook onder meer trustee van die Ontwikkelingstrust vir Oliesade en Proteïene, hoofekonoom van die SA Landbou-unie en ’n bestuurslid van die Mielieraad.

Daarbenewens het Willemse verskeie projekte vir agribesighede en die Wêreldbank hanteer.

Die sakeontbyt vind plaas by De Kayak in Olympia en die kaartjies kos N$250 per persoon.

Stuur ʼn e-pos na [email protected] vir besprekings.

Die geleentheid word trots geborg deur Corporate Guarantee en die Spes Bona Groep.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!