Choppies word beboet
Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) het die Botswana-kettingwinkelgroep Choppies met N$2,2 miljoen beboet, omdat die kommissie nie vooraf ingelig is oor die aankoop van die Grootfontein Supermark en Bottelstoor by Johannes Jacobus de Jager nie.
Volgens die NaCC moet enige onderneming wat by ’n erkende sektor van die ekonomie betrokke is altyd vooraf toestemming van die kommissie kry voordat hy enige ander mededingende onderneming kan uitkoop.
In hierdie geval was daar geen gevolge op die vlakke van mededinging in Grootfontein se vinnig bewegende verbruikersgoederemark nie.
Nogtans is die wet oortree en die boete is volgens die NaCC op 19 November ’n bevel van die hoërhof gemaak.
“Die kommissie het in sy ondersoek bevind dat, hoewel die transaksie nie ’n negatiewe impak op mededinging gehad het nie – weens die bestaande markkonsentrasie in Grootfontein ten tyde van die transaksie – die transaksie nietemin die kennisgewingsdrempels ingevolge die wet op mededinging oortree het,” lui die NaCC se onlangse verklaring.
Choppies het in November 2017 die Namibiese mark betree en brei steeds sy teenwoordigheid in die land uit, nadat die kettingwinkel hom aanvanklik in die noorde van die land gevestig het.
Die groep het verlede maand hul 21ste winkel in Namibië by Nkurenkuru gevestig, waar 34 nuwe werksgeleenthede vanaf die opening op 6 November geskep is
Meer as 1 000 Namibiërs werk tans vir die groep. Vroeër vanjaar het die groep beplan om gedurende 2024 sewe nuwe winkels in Namibië te open, waarvan Nkurenkuru die derde is.
Daar was toe ook sprake van ’n groter aanwesigheid in Windhoek en Choppies-winkels vir die Suide waar olie- en gasontwikkelings na verwagting verbruikers se koopkrag sal versterk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie