Comalie se toekoms by Metropolitan onseker
Nuusredaksie – Die sakevrou Jennifer Comalie se posisie as voorsitter van die beleggingsraad by Momentum Metropolitan Namibia word hersien ná haar onlangse inhegtenisname.
In Maart het die polisie na bewering dwelms ter waarde van N$57 000 in Comalie se voertuig gevind – kort voor ’n direksievergadering by die Namibiese Petroleumkorporasie (Namcor), waar sy die direksievoorsitter is.
Borgtog van N$7 000 is op die staat se voorstel aan haar toegestaan en haar saak is tot 31 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Comalie het glo onlangs voor die Momentum Metropolitan-groep se direksie verskyn, wat onder voorsitterskap van Nangula Uaandja staan.
Uaandja wou nie kommentaar lewer toe hy verlede Woensdag genader is nie.
Ander bronne binne die direksie het egter onthul dat Comalie bewus gemaak is van die maatskappy se ongemak met die bewerings teen haar, en sy is glo gevra om terugvoer te gee oor die pad vorentoe.
“Sy moet nog terugvoering aan ons gee,” het ’n direksielid gesê.
Comalie het nie op navrae gereageer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie