GCN-houtskoolaanleg open op Arandis
‘Groener en meer ekovriendelike’ produksie
Sowat 14% van alle Namibiese houtskooluitvoere sal glo by die nuwe fabriek geproduseer word.
Nikanor Nangolo - Green Charcoal Namibia (GCN) het Maandag die grootste houtskoolfabriek in Arandis ingewy.
Neville Andre Itope, die goewerneur van die Erongostreek, het tydens die geleentheid gesê die dorp is besig om na vore te tree as ’n baken van hoop vir die land, terwyl die fabriek ten doel het om “groener en meer ekovriendelike houtskoolproduksie te bevorder”.
Hy het ook die plaaslike leierskap bedank vir hulle meedoënlose pogings om na geleenthede te soek om die plaaslike ekonomie te diversifiseer en geleenthede te ontsluit.
“Ek wil eweneens my dank uitspreek teenoor die beleggers dat hulle Arandis gekies het en dat hulle groen en ekovriendelike meganismes in die produksie van die houtskool gebruik het. My waardering gaan ook aan die Namibiese regering wat ’n gunstige beleggingsomgewing geskep het en die nodige direkte buitelandse belegging na ons land kon lok, maar – die belangrikste – die staat se pogings en inisiatiewe om ons plaaslike ekonomie en die produksiebedryf te laat groei,” het Itope gesê.
NASIONALE BELANG
Risto Kapenda, die burgemeester van Arandis, het gesê die fabriek se inwyding is nie net van streekbelang nie, maar is ook deurslaggewend vanuit ’n nasionale perspektief.
Volgens hom het die Arandis-dorpsraad ’n komponent van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid by GCN se kontrak gevoeg, wat die bou van twee speelgronde in die dorp ter waarde van N$240 000 sal behels.
“Ons kon die eerste speelterrein inwy. Die kinders van Arandis sal daarby baat, en ons bedank die beleggers van harte vir die nakoming van die kontraktuele verpligtinge in hierdie verband.”
30 000 TON
GCN is ’n toonaangewende produsent van volhoubare en ekovriendelike houtskooloplossings, vervaardig uit Namibië se indringerbosse, wat voorsiening maak vir beide huishoudelike en kommersiële gebruik.
“Deur indringerplantspesies vir ons produksie te gebruik, help ons nie net om die verspreiding daarvan te beheer nie, maar dra ook by tot die vermindering van die koolstofvoetspoor van tradisionele houtskoolproduksie,” het die maatskappy in ’n verklaring gesê.
GCN is ’n filiaal van die Belgiese maatskappy Carbobois, die grootste invoerder en verspreider van houtskool in Europa.
Die Arandis-fabriek sal na raming meer as 30 000 ton houtskool – wat deur die Forest Stewardship Council (FSC) gesertifiseer is – per jaar verpak. Dit sal ook 8 000 ton FSC-gesertifiseerde brikette per jaar produseer.
“Dit beteken sowat 14% van alle Namibiese houtskooluitvoere sal hier in Arandis geproduseer word,” het Kapenda gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie