• Tuisblad
  • Sake
  • Geingob se oorsese reise is noodsaaklik, sê staatshuis

Geingob se oorsese reise is noodsaaklik, sê staatshuis

‘Reise was tot die land se voordeel’
Die presidensie het gereageer nadat vrae geopper is oor die president se gereelde buitelandse reise – waarvan die voordele vaag lyk.
Ogone Tlhage
Staatshuis het Woensdag president Hage Geingob se gereelde reise na die buiteland verdedig en gesê dit het groot voordele vir die land ingehou.

Die president se reise was die onderwerp van mediaberigte sedert sy eerste termyn toe hy, soos The Namibian in 2016 berig het, na 12 stede gereis het – ’n gemiddeld van een buitelandse reis per maand.

In 2015 het sy reiskoste glo N$2,4 miljoen in ‘n tydperk van agt maande beloop nadat hy na 19 stede gereis het. In 2018 het hy 16 keer gereis.

Die afgelope maande het Geingob se reise weer onder die soeklig gekom, met vrae wat geopper is oor watter voordele dié duur oorsese ekspedisies vir die land inhou.

Dít veral in die lig van ‘n gebrek aan noemenswaardige beleggings in ‘n land wat deur hoë werkloosheid- en armoedesyfers geteister word. Jeugwerkloosheid in Namibië is na raming tans sowat 50% – met nuwe gegradueerdes wat elke maand werk soek.

Geingob se perssekretaris, dr. Alfredo Hengari, het Woensdag in ‘n verklaring gesê die reise het aansienlike beleggingsgeleenthede vir Namibië ontsluit. Die president se onlangse ekspedisies sluit in twee reise na Katar, na die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarvergadering in Davos, Switzerland, en die bywoning van die 2020 Expo in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

Volgens Hengari was dit vir Geingob as staatshoof belangrik om te reis om interaksie te hê, te onderhandel en ooreenkomste met buitelandse regerings te sluit.

“Deur die president se ekonomiese diplomasieë het Namibië tasbare voordele ontsluit, wat die welvaart van die land sal waarborg,” het hy gesê.

TENDERS

Volgens hom het Namibië na omvattende globale marknavorsing nege tenders van ses ontwikkelaars ontvang om ‘n groenwaterstof- en ammoniak-aanleg van US$10 miljard in die ||Kharasstreek te bou.

“As dit suksesvol afgehandel word, sal dit die enkele grootste direkte buitelandse belegging in Namibië se geskiedenis wees,” het hy gesê.

“Die aanbod wat ontvang is, is voorafgegaan deur beduidende verbintenisse op die internasionale gebied waardeur die Namibiese presidensie bewustheid wil skep oor die land se potensiaal as die ideale plek om groen molekules te ontgin.”

‘NOODSAAKLIK’

“Na uitgebreide gesprekke tussen Geingob en die Emir van Katar in Februarie, het die Qatar Investment Authority – wat met bates van meer as US$300 miljard spog – Namibië in Mei besoek en belangstelling uitgespreek om in vervoer- en logistiekverwante infrastruktuur, toerisme-ondernemings en die landbousektor te belê,” het Hengari gesê.

“Deur Kasada Capital Management, wat deur die Qatar Investment Authority gesteun word, het Katar onlangs die Safari Hotel vir US$2,6 miljard oorgekoop wat deur die International Finance Corporation bewillig is,” het hy gesê.

Geingob se reise se kant is deur nood aangespoor en nie vir plesier nie, het die president se woordvoerder volgehou.

“Op die gebied van buitelandse beleide, waar die president – ingevolge die Grondwet – interaksie het, onderhandel en ooreenkomste met buitelandse regerings sluit, is die verband tussen die binne- en buiteland twee kante van dieselfde muntstuk. Namibië is nie ‘n eiland nie.”

“Ons sosioëkonomiese ontwikkeling en welvaart as ‘n land hang af van die sterkte van ons politieke en ekonomiese vennootskappe,” het hy bygevoeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!