GIPF sê miljoene nog onopgeëis
Die regering se pensioenfonds (GIPF) sê miljoene onopgeëiste voordele is nog in sy rekeninge.
Elke werknemer van betrokke werkgewers in regeringskantore, ministeries en agentskappe asook in staatsondernemings, streek- en dorpsrade, is geregtig op pensioenvoordele wanneer hulle ophou werk en nie meer lede van die fonds is nie,” luidens die GIPF se nuutste verklaring.
“Hierdie voordele word deur die reëls van die fonds gewaarborg en dus word dit uitbetaal wanneer ’n eis by die fonds ingedien word,” brei Amos Kambonde, GIPF se bestuurder vir bemarkingsdienste uit.
Hy sê die menslike hulpbronbeamptes faal egter daarin om die toepaslike eisdokumente betyds te voltooi en in te dien. In dié gevalle bly die geld in die fonds se rekeninge.
Die GIPF het nou op sy opgegradeerde webwerf (www.gipf.com.na) ’n selfdiens-hulpknoppie geaktiveer.
Die name van lede aan wie daar geld verskuldig word, is nou glo makliker om op te soek. So kan mens sien of ’n sekere naam op die lys van onopgeëiste voordele verskyn, volgens Kambonde.
Hy sê daar word eers op die toepaslike ministerie gekliek en daarna kan ’n betrokke naam op die lys opgesoek word.
“GIPF moedig dus alle voormalige lede aan om te kyk of hul name op die lys verskyn. Lede kan die soekfunksie gebruik om hul inligting, of die inligting van ’n GIPF-lid – wat hulle weet nie voordele ontvang het nie – in te tik, om uit te vind of hulle of daardie lid een van die begunstigdes is waarna die GIPF soek,” sê hy.
Verder deel die fonds ook inligting in die sosiale media en op die radio, rakende die voordele en ander verwante kwessies. Lede word aangemoedig om dié mediaplatforms te volg, sê Kambonde.
Die GIPF het ook ’n lys van eise met betrekking tot sterfgevalle, wat nog opgeëis moet word, sê hy.
“Vir sommige eise vir sterftevoordele, wag die fonds vir begunstigdes van die lid wat gesterf het om na vore te kom, en die vereiste dokumente in te dien sodat die voordele uitbetaal kan word,” voeg hy by.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie