Harambee-trustfonds betaal dividend uit
Volhoubare bemagtiging
Werkers trek finansiële voordeel uit hul aandele in 'n toegekende viskwota.
Die Erongo Marine Harambee-trustfonds het onlangs ’n dividend van N$1 464 267 uitbetaal.
Die geld is gelykop tussen al die permanente werknemers van Erongo Marine Enterprises (EME) en Commercial Cold Storage Namibia (CCS) verdeel.
EME wat ’n belangrike werkgewer in die makrielbedryf is, se besturende direkteur en stigter van die trustfonds, dr. Martha Uumati, het gesê die prestasie is ’n duidelike demonstrasie van die private sektor wat die regering se beroep op billike welvaartverspreiding ondersteun en betekenis aan die konsep van gedeelde welvaart vir alle Namibiërs gee.
“Die uitbetaling getuig van die gees van vanjaar se onafhanklikheidstema ‘’n volk verenig vir voorspoed’.
Die trust weerspieël die Oceana Group se verbintenis tot 'n prestasiegedrewe kultuur wat lewens positief beïnvloed. Dis ook in pas met die doelwitte van die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEB) wat daarop gemik is om Namibiese werkers op voetsoolvlak op te hef en deel van Namibië se ekonomiese bedrywighede te maak.”
Die trustfonds is in 2017 gestig om breë-gebaseerde ekonomiese bemagtiging van die maatskappy se permanente werkers – waarvan die meeste werksaam is as vissermanne aan boord van die EME se twee bote – te verseker.
EME-werkers het aandele van die trustfonds ontvang in die makrielregtehouermaatskappy, Arechanab Fishing and Development Company (AFDC), waarvan EME 'n aandeelhouer is. Met hul aandele in AFDC, trek die werkers 'n finansiële voordeel uit die toegekende kwota.
Hesekiel Nawanga, het gesê hy gebruik die trustfonds se uitbetalings om vir sy kinders se universiteitsgelde te betaal, insluitend verblyf- en kosuitgawes. Nawanga het ook die lot van vissermanne bekla wat nie behoorlike behuising het nie.
“Ek vertrou die maatskappy kan help om behuising vir ons ’n werklikheid te maak.”
Sedert 2018 het die trustfonds totale dividende, soos deur AFDC verklaar, van meer as N$9 miljoen uitbetaal wat gelykop tussen al die permanente EME-werknemers verdeel is.
“Ons is trots om deel van hierdie breë-gebaseerde ekonomiese bemagtigingsinisiatief te wees, wat ons vissermanne eienaarskap gee in die maatskappy waarvoor hulle werk,” het Maria Dax, 'n direkteur van ADFC, gesê.
Die trustfonds het sy beleggingsportefeulje met ’n bematigingstransaksie in 2021 uitgebrei. EME- en CCS-werknemers besit tans 'n 31%-aandeelhouding in CCS.
'n Bykomende uitbetaling uit die belegging in CCS word vir die 2021-’22-finansiële jaar verwag. Beide EME en CCS is filiale van die Oceana Group.
CCS bedryf die grootste en mees gevorderde koelkamer in Namibië wat by die Walvisbaai-hawe geleë is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie