Heineken is hier om te bly
Fokus op plaaslike indiensneming
Heineken sal nie die resepte verander nie en sê hy respekteer die Duitse Reinheitsgebot watnNBL toepas.
Frank Steffen - Dolf van den Brink, uitvoerende hoof en voorsitter van die uitvoerende direksie van die Nederlandse maatskappy Heineken N.V., het dit duidelik gestel dat Heineken homself nie as ‘n nuweling in Namibië of Afrika se biermark beskou nie: “Heineken is al dekades lank ‘n groot belegger in Afrika. Ons het bedrywighede in meer as twintig Afrikalande.”
Aandeelhouers in Namibian Breweries (NBL) het onlangs altesaam N$5,4 miljard in die sak gesteek danksy die uitbetaling van ‘n spesiale dividend wat voortspruit uit Heineken se oorname van die meerderheidsaandeel in NamBrew.
Vir meer as ‘n eeu was NBL ‘n maatskappy waarin Namibiërs die meerderheidstem gehad het, maar Heineken, die tweede grootste brouer ter wêreld, het intussen die alleeneienaar geword van NBL Investment Holdings (NBLIH), wat 59,4% van die aandele in NamBrew op die Namibiese aandelebeurs (NSX) besit. Die Nederlandse bierreus het Ohlthaver & List (O&L) se aandeelhouding van 50,01% in NBLIH in ’n multimiljard-transaksie bekom. Dit het reeds 49,99% besit.
“Eintlik is ons al meer as 20 jaar lank ‘n groot belegger in die Namibiese brouery,” het Van den Brink gesê en bygevoeg Heineken is trots op sy aansienlike beleggings in Suider-Afrika en veral Namibië.
Van den Brink was voorheen Heineken se president van die Asiatiese Stille Oseaan-streek en het vir 22 jaar op al die vastelande vir die bierreus gewerk. Hy het verlede week ’n hoflikheidsbesoek aan president Hage Geingob gebring.
VOORNEME
Hy het die president verseker dat Heineken alle voorneme het om die Namibiese handelsmerke te bevorder en die besigheid verder te versterk. Die syfers van Heineken se jaarverslag dui op ‘n inkomste van €34,7 miljoen (vandag sowat N$716 165 738) vir die volle jaar van 2022 teenoor €26,6 miljoen in 2021. Die maatskappy se inkomste het organies met 21,2% gegroei, met totale gekonsolideerde volume wat met 6,4% gegroei het en netto inkomste per hektoliter wat met 13,9% gestyg het. Hierdie syfers plaas NBL se totale opgetekende inkomste van nagenoeg N$2,4 miljard (ongeveer 125 miljoen euro) in perspektief, al het daardie syfer ‘n toename van 20,6% op ‘n jaarbasis in Februarie vanjaar getoon. Na verwagting sal NBL sowat 0,35% tot Heineken se inkomste bydra, met die groep wat gewoonlik in 'n dag en 'n half sal verdien wat NBL in 'n jaar verdien.
Heineken beoog om NBL op die Namibiese aandelebeurs te hou - met 40% van aandeelhouding wat steeds in Namibiese hande sal bly.
Op ‘n vraag oor wat Namibiërs met trots as ‘n plaaslike bate beskou, het Van den Brink gesê: “Ons is net so trots op hierdie maatskappy en sy nalatenskap met sy wonderlike handelsmerke."
Heineken sal nie die resepte verander nie en sê hy respekteer die Duitse Reinheitsgebot wat by NBL toegepas is en om dié rede sal Heineken die broumeesters agter die handelsmerke wil behou. Trouens, dit sal in sin maak om verdere uitvoergeleenthede vir die Namibiese handelsmerke oop te maak, het Van den Brink gesê.
VERTROUE
Die uitvoerende hoof het dit duidelik gemaak dat geen persoon onder bestuursvlak enige risiko loop om afgelê te word of hul werk te verloor deur een of ander vorm van herstrukturering nie – dit was deel van die ooreenkoms met die Namibiese Mededingingskommissie (NCC). Heineken was egter besig om die bedrywighede van Distell met dié van die brouerye saam te smelt – 25 mense was in die proses om van Distell na NBL oor te skuif as deel van hierdie stap.
Van den Brink beskou die belegging as ‘n gebaar van vertroue in Namibië as ‘n stabiele land. Hy het die publiek daaraan herinner dat Heineken in sy hart steeds ‘n familiebesigheid is.
Hy wou die Namibiese publiek verseker dat Heineken hier is om te bly en nie na enige ander land sal skuif nie: “Dit kan ek jou waarborg. As jy ‘n brouery bou, is dit so kapitaalintensief dat dit vir 50, 80 of minstens 100 jaar sal bly. Heineken bedryf brouerye in 75 lande en mettertyd wil ons net die kapasiteit uitbrei.”
In ooreenstemming met hierdie benadering sal die maatskappy probeer om van Distell se produksiekapasiteit na Namibië te skuif en in die proses werksgeleenthede skep. Heineken se doel is om die uitvoermark vir NBL- sowel as Distell-produkte - uit te brei.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie