Foto Facebook (Maerua Mall)
Foto Facebook (Maerua Mall)

Inkoopsentrum bied unieke betaalopsie

Yandi Du Plessis
Die Maerua Mall-geskenkbewys en inligtingstoonbank is op Saterdag 1 April by dié inkoopsentrum bekend gestel.

Die Maerua Mall-geskenkbewys is ’n unieke produk wat ontwikkel is in samewerking met Bank Windhoek, wat die unieke funksionaliteit van die kaart moontlik gemaak het. Hoewel dit ’n geskenkbewys genoem word, is hierdie ’n meer veelsydige produk.

“Ons glo hierdie kaart sal aansienlike voordele vir ons kliënte inhou, aangesien dit saam met die implementering van ’n nuwe inligtingstoonbank in Maerua Mall se eet- en drinkarea bekendgestel word,” lui die mediaverklaring wat Maerua ná die bekendstelling uitgereik het.

Hierdie kaart maak verkooppunt-aankope by enige en alle winkels in die Maerua-inkoopsentrum moontlik. Die Maerua Mall-geskenkbewys is ’n laerisiko betalingsoplossing vir kliënte wat herbruikbaarheid en aanpasbaarheid bied.

Die Maerua Mall-geskenkbewys is ’n Visa-kaart waarmee kaarthouers veilig kan koop, aangesien dit PIN-verifikasie voor ’n transaksie vereis.

Die gebruik hiervan is nie soos ander winkelgeskenkbewyse beperk tot ’n enkele winkel, handelsmerk of groep handelaars nie. Dit laat slegs aankope by winkels toe en geen kontantonttrekkings by OTM'e of winkels nie. Geld kan voortdurend op die kaart gelaai word, byna soos om ’n debietkaart te hê, maar sonder ’n bankrekening.

“Hierdie kaart kan gesien word as ’n voorskou van die soort grensverskuiwende innovasie wat ons hoop om na die Namibiese mark te bring, aangesien ons ook begin met die eerste fase van die herposisionering van Maerua Mall, waar ons voortdurend daarna streef om ’n meer gerieflike en aangename inkopie-ervaring aan ons kliënte te bied.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!