COMPLIANCE:  Churches face pressure to comply with the Financial Intelligence Act as concerns grow over-exploitation. Photo contributed
COMPLIANCE: Churches face pressure to comply with the Financial Intelligence Act as concerns grow over-exploitation. Photo contributed

Kerke, liefdadigheid móét voldoen aan wet

Geldwassery onder vergrootglas
Kerke en niewinsgewende organisasies moet in lyn wees met die wet op finansiële intelligensie of die gevolge dra.
Nikanor Nangolo
Bank of Namibia (BoN) se sentrum vir finansiële intelligensie (FIC) het sy beroep op niewinsgewende organisasies, insluitend geloofsgebaseerde organisasies herhaal om aan al die vereistes van die wet op finansiële intelligensie te voldoen. BON waarsku sou dit nie gebeur nie, staar die betrokke instellings ernstige gevolge in die gesig.

Dit vorm deel van die FIC se pogings om geldwassery en finansiering van terrorisme in Namibië hok te slaan.

Die toename in die aantal nuwe kerke wat opskiet in Namibië, wek kommer onder die publiek en beleidsmakers, met baie wat vra vir strenger regulasies om die registrasie van kerke te beheer.

Die gebrek aan doeltreffende oorsig en aanspreeklikheid binne sommige geloofsgebaseerde organisasies het gelei tot kommerwekkende mag in die hande van sekere kerkleiers. In verskeie voorvalle het hierdie mag tot gevolg gehad dat volgelinge geestelik, finansieël en selfs fisies uitgebuit en misbruik is.

Berigte van kerkleiers wat volgelinge oorreed om lenings uit te neem om 'n pastoor se uitspattinge leefstyl te befonds het ook al die lig gesien. Sommige volgelinge het al so ver gegaan om hul huise en motors te verkoop in hul strewe na beloftes van voorspoed. In ’n advertensie wat in gister se Market Watch verskyn het, het die FIC beklemtoon dat niewinsgewende organisasies, veral dié wat betrokke is by liefdadigheidswerk, aan die betrokke wet moet voldoen om die bestuur van organisasies te vergemaklik en om die risiko van finansiële misdaad te verminder. Laasgenoemde sluit in die finansiering van terrorisme. Organisasies dit nie doen nie, sal volgens die FIC die gevolge moet dra.

Om die registrasieproses te fasiliteer, het die FIC spesifieke vereistes uiteengesit en wat insluit besonderhede oor die identiteit van stigters, sowel as die beleid vir die bestuur van finansiële risiko.

Van niewinsgewende organisasie word ook verwag om deursigtige rekords te hou van die bronne van hul finansiering en aktiwiteite.

"Om te registreer by die FIC is nie net ’n wettige vereiste nie, dit is ’n kritieke stap om die integriteit van liefdadigheidspogings in Namibië te verseker," het die FIC gesê en bygevoeg dat dit teen geen koste leiding in dié verband sal verskaf. Organisasies wat reeds by die FIC geregistreer is, moet hul inligting weer op datum bring ingevolge veranderinge aan die wet wat in Junie verlede jaar van krag geword het. ie sperdatum om jaarlikse opbrengste te verklaar vir 2024 is 31 Januarie 2025.

Niewinsgewende organisasies wat onseker is oor die stand van hul registrasie word aangeraai om die FIC te kontak. Die FIC reik klaringsertifikate uit vir entiteite wat gevrygewaar is van registrasie om deursigtigheid en toegeeflikheid in dié sektor te verseker.

Die voorsitter van die Alliansie vir Christenkerke in Namibië, ds. Dolly Nengushe, het kommer uitgespreek oor die vertragings van sertifisering van kerke deur die FIC.

Sy het gister aan Netwerk Media Hub (NMH) gesê baie kerke wag vir hulle sertifikate van die FIC, ten spyte van die feit dat hulle hul deel gedoen het in die registrasieproses.

"Ek glo hierdie is omdat hul sisteme weens die onverwagse aantal registrasies óf stadig óf oorlaai is. Ons was reeds in konsultasie met hulle, selfs tot die punt dat ons vergaderings gehou het om die kwessie te bespreek. Die kerke is nie onbewus van die wet nie. Waar kerke bewustheid mag kort, prioritiseer ons as ’n organisasie ’n program om op streeksvlak kapasiteit te skep vir goeie regering. Ons kyk ook na die registrasies vir finansiële intelligensie en die nakoming daarvan," het sy gesê.

Verlede jaar het die FIC se herhaaldelike instruksies om verskeie kerke se bankrekeninge te vries, in so 'n mate spanning veroorsaak dat die besluit later herroep is. ’n Sperdatum vir registrasie onder die wet is uitgestel na 31 Oktober 2023 nadat die oorspronklike sperdatum vir 29 September 2022 vasgestel is.

Die FIC het aanvanklik vereis dat alle niewinsgewende organisasies moet registreer en voldoen aan streng maatreëls vir finansiële verklarings wat frustrasie onder sommige geloofgroepe veroorsaak het.

In reaksie op die vinnige groei van kerke het die Raad van Kerke in Namibië (CCN) strenger maatreëls ondersteun.

Verlede maand het die CCN se president, pastoor Enoch Sakama, gevra vir voldoening aan Bybelse kwalifikasies vir bediening en aangedring dat kerkleiers aanspreeklik gehou word tot ’n aanvaarde liggaam vir gelowiges.

Hy het daarop klem gelê dat strenger oorsig sal sorg dat nuwe bedieninge in standvastige leerstelling en etisie praktyk geanker sal wees.

Sy kommentaar het gevolg op mediaberigte van onetiese en uitbuitende gedrag deur charismatiese kerkleiers, insluitend beweerde gevalle van mishandeling in die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (ELCIN). Sakama het ook kommer uitgespreek oor kerke wat kwesbare gemeenskappe uitbuit, veral deur finansiële manipulasie en seksuele mishandeling.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!