Megawinkel vier sy opening

Cymot het gister amptelik sy nuwe megawinkel in Kleine Kuppe in Windhoek geopen.

Die gebou bied 3 000 m² se winkelruimte en ontvang krag van 960 sonpanele, waarvan die krag in 30 batterye gestoor word.

’n Foto van die Namibiese fotograaf Xenia Ivanoff-Erb van die PhotoGalerie Ivanoff-Erb in Swakopmund pronk onder meer ook op die mure van die nuwe gebou.

Die uitvoerende voorsitter van Cymot se direksie, Axel Theissen, het gesê die span het hard gewerk om almal bymekaar te bring om hierdie merkwaardige geleentheid te vier.

“Ons het beoog om iets merkwaardig te doen. Julle wat hier teenwoordig is, is die eerstes om te sien wat ons kon bemag.

“Ons doel was om die beste winkel in Afrika te hê en ek dink ons kan onsself op die skouer klop en sê ja, dié doelwit is bereik.

“Nie net dit nie, maar in ’n rekordtyd. Twee jaar gelede was hier niks nie. Dit was ’n dorre stuk grond, en nou het ons ’n kunswerk en ’n ekonomiese eenheid van ’n merkwaardige grootte.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!