NamBrew sorg vir kontantgolf
Betaal ’n spesiale dividend uit
Ná meer as 'n eeu as 'n ikoniese maatskappy waarin Namibiërs die grootste sê gehad het, het Heineken N.V. Vrydag amptelik die meerheidsaandeelhouer in NamBrew geword.
Jo-Maré Duddy – Aandeelhouers van Namibia Breweries (NBL) is sowat N$5,4 miljard in totaal ryker danksy die uitbetaling van ’n spesiale dividend wat aan Heineken N.V. se oorname van die meerderheidsbelang in NamBrew gekoppel was.
Ná meer as ’n eeu as ’n ikoniese maatskappy waarin Namibiërs die grootste sê gehad het, het Heineken N.V. – die wêreld se tweede grootste brouer – Vrydag amptelik die meerheidsaandeelhouer in NamBrew geword.
Heineken is nou die alleeneienaar van NBL Investment Holdings (NBLIH), wat 59,4% van die aandele in NamBrew op die Namibiese aandelebeurs (NSX) besit. Die Nederlandse bierreus het Ohlthaver & List (O&L) se aandeelhouding van 50,01% in NBLIH in ’n multimiljard-transaksie bekom. Dit het reeds 49,99% besit.
As deel van die transaksie is ’n spesiale dividend van N$26,35 per aandeel Vrydag uitbetaal.
Institusionele en individuele beleggers besit 40,5% van NamBrew se 206 529 000 aandele op die NSX. Die spesiale dividend beteken sowat N$2,2 miljard in totaal in hul sakke. Hiervan was sowat N$135 miljoen vir individue bestem.
BELEGGERS
Dié kontantgolf was moontlik verantwoordelik vir ’n reusesprong Vrydag in die aandeelprys van Capricorn Group, onder meer die moedermaatskappy van Bank Windhoek.
Capricorn se aandeelprys het tot N$14,15 gespring, ’n styging van 2,1% of 29c per aandeel vergeleke met Donderdag. Dit is Capricorn se hoogste aandeelprys sedert Mei 2020, volgens Romé Mostert, medestigter van Cirrus Capital.
Mostert het dié hoër aandeelprys toegeskryf aan beleggers wat moontlik hul NamBrew-meevaller herbelê het.
Simonis Storm se ekonoom, Theo Klein, het gesê die uitbetaling van die NBL-dividend kan ook goeie nuus vir handel, asook motor- en eiendomsverkope beteken.
NamBrew het Vrydag teen N$32,01 per aandeel op die plaaslike indeks van die NSX gesluit, onveranderd van die vorige dag.
Die totale markkapitalisasie van die maatskappy beloop sowat N$6,6 miljard, wat dit die derde grootste op die plaaslike indeks maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie