PROVIDE EVIDENCE: Bishop Festus Thomas, president of the christian political party says that NamRa should provide evidence that the macaroni that vendors sell from Angola is not safe.
PROVIDE EVIDENCE: Bishop Festus Thomas, president of the christian political party says that NamRa should provide evidence that the macaroni that vendors sell from Angola is not safe.

NamRA moet sy huiswerk doen, sê BCP-leier

Taksman 'bewyse hê'
Die belastingagentskap moet wetenskaplike bewyse lewer dat die onverpakte macaroni 'n gesondheidsrisiko is, voer biskop Festus Thomas aan.
Yandi Du Plessis
Enzo Amuele – Biskop Festus Thomas, die leier van die politieke party Body of Christ (BCP), het teen die Namibië Inkomste-agentskap (NamRA) uitgevaar.

Dit na beriggewing dat die taksman nie onverpakte macaroni in die land sal toelaat nie, omdat dié produkte bestanddele kan bevat wat ’n gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou.

Thomas het gesê NamRA se bewerings – dat die macaroni nie veilig is vir menslike gebruik nie – moet bewys word.

“NamRA wat voedsel uit Angola as ongesond en as ’n hoë allergierisiko bestempel, kan ernstige aantygings vir beide regerings wees. NamRA moet wetenskaplike bewyse lewer oor hoe hierdie kosse ’n gesondheidsrisiko is,” het hy beklemtoon.

‘BETER OPLOSSING’

“Hierdie verslag is kommerwekkend en kan nie so gelaat word nie. Mense ly aan armoede, daarom moet NamRA met ’n beter oplossing vorendag kom,” het Thomas gesê.

Hy het bygevoeg hulle verstaan die belastingagentskap se mandaat, maar bygevoeg dat NamRA nie op spekulasies moet reageer nie, maar eerder op bewese feite.

“NamRA moet [sy] huiswerk doen. Hy moet met ’n wetenskaplike verslag vorendag kom sodat ons ons mense kan laat verstaan,” het hy gesê.

Thomas het verder aangevoer dat hoofmanne nie die regte toerusting het om briewe aan die informele verkopers uit te reik nie.

Dit nadat Tonateni Shidhudhu, NamRA se woordvoerder, gesê het kleinskaalse invoerders kan 250 tot 500 kilogram mahangu en/of bone per persoon per maand inbring vir kommersiële gebruik, en 200 kg per persoon vir persoonlike gebruik.

Invoerders behoort egter te kan bewys hulle het hierdie produkte binne ’n radius van 60 kilometer gekoop om vrystelling van fitosanitêre vereistes te kry.

Shidhudhu het gesê dit kan beteken dat verkopers ’n dokument byderhand het, selfs van die hoofman van ’n spesifieke dorp waar hulle die produkte gekoop het, wat die afstand bevestig.

“Hoe sal die hoof weet of die kos veilig is of nie?” wou Thomas weet. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!