NamRA slaan toe op verkopers van 'onverpakte' macaroni
Taksman sê ongemerkte produkte kan gevaarlik wees
Die belastingagentskap het straatverkopers gewaarsku die bestanddele moet duidelik in beide Engels en Portugees gemerk wees, anders sal hierdie macaroni nie in Namibië verkoop word nie.
Tuyeimo Haidula - Die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) het gesê hy sal nie toelaat dat onverpakte macaroni in die land ingebring word nie omdat hierdie produkte bestanddele kan bevat wat skadelik vir verbruikers is.
Sake floreer vir verkopers van handelsmerklose macaroni in die noordelike dele van die land – met die grootmaat wat van die naburige Angola ingevoer word.
NamRA se streekbestuurder, Susan Beukes, wat verlede week tydens ’n skakelgeleentheid met belanghebbendes by die Ongwediva-handelskou (OATF) gepraat het, het verduidelik hulle sal geensins meer toegeeflik wees wanneer die gesondheid van Namibiese mense ’n rol speel nie.
Die agentskap het ook ’n plig om die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste by te staan, het sy gesê.
ALLERGIE-RISIKO
Beukes het gesê voor die bestanddele duidelik in beide Engels en Portugees gemerk is, sal hierdie macaroni nie in Namibië verkoop word nie.
“Ons moet weet waar dit vervaardig is, hoe dit vervaardig is en die inhoud vervat in hierdie produk. Waarvan is die macaroni gemaak? Daar is so baie mense wat hoogs allergies is vir grondboontjies,” het sy gesê.
Beukes het bygevoeg as daar grondboontjieolie in die macaroni is, kan mense daarvan doodgaan en sal die ministerie van gesondheid in die donker gelaat word oor wat met hierdie individue gebeur het.
‘NIE VAN ANGOLA’
Ons susterkoerant Namibian Sun het verlede week die Frans Aupa Indongo-mark in Oshakati en ander in die dorp besoek om verkopers se mening oor NamRA se besluit te kry.
Volgens hulle is die macaroni wat hulle verkoop van Namibië, nie Angola nie.
Sommige van die verkopers het bevestig dat amptenare van NamRA verlede maand die informele mark besoek het om hulle oor die besluit in te lig. Die verkopers het glo egter geweier om daaraan te voldoen omdat hulle volhou hul macaroni kom nie van Angola af nie.
By die mark kan die macaroni steeds in groot houers gesien word, maar verkopers hou vol dit kom van plaaslike winkels, wat die pasta teen N$10 per beker verkoop.
INVOERE
Volgens Tonateni Shidhudhu, NamRA se woordvoerder, kan kleinskaalse invoerders 250 tot 500 kilogram mahangu en/of bone per persoon per maand inbring vir kommersiële gebruik, en 200 kg per persoon vir persoonlike gebruik.
Invoerders behoort egter te kan bewys hulle het hierdie produkte binne ’n radius van 60 kilometer gekoop om van fitosanitêre vereistes vrygestel te word.
Hy het gesê dit kan beteken dat verkopers ’n dokument byderhand het – selfs van die hoofman van ’n spesifieke dorp waar hulle die produkte gekoop het – wat die afstand bevestig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie