TOUGH TIMES: Despite raking in millions through its vast electricity distribution network, Nored finds itself in dire straits because of various organisational challenges. PHOTO: FILE
TOUGH TIMES: Despite raking in millions through its vast electricity distribution network, Nored finds itself in dire straits because of various organisational challenges. PHOTO: FILE

Nored leef glo van die hand na die tand

Verskeie kwessies lei tot finansiële druk
Die kragverspreider moet glo geld bymekaar skraap om die ligte aan te hou.
Mathias Haufiku
Nuwe inligting het ˊn lig gewerp op Nored se wankelende finansies en ondoeltreffendheid. Die instelling word glo geteister deur beweerde binnehandel, omkopery, onbeheerde uitgawes, die misbruik van die maatskappy se bates, die gebruik van nagemaakte onderdele in hul voertuie asook die uitlek van vertroulike inligting. Dit is volgens dokumente wat Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, onder oë gehad het en wat die omvang van Nored se probleme ontbloot.

In Januarie vanjaar moes Nored se uitvoerende beamptes vinnig N$8.9 miljoen binne drie dae bymekaar maak om ˊn uitstaande balans op sy NamPower-rekening te betaal. Dié inligting is vervat in ˊn e-pos deur Nored se maatskappysekretaris, Etegameno Indongo-Antindi, aan die uitvoerende span.

“Ons twyfel of ons in staat sal wees om N$8.9 miljoen oor die naweek bymekaar te maak. Dit is teen hierdie agtergrond dat ons moet aansoek doen vir ˊn tydelike fasilitering van N$8 miljoen,” het Indongo-Antindi geskryf.

Die omvattende interne kommunikasie beskryf ook hoe die gebruik van vervalste motoronderdele bykomende druk op Nored se finansies plaas, wat sy vermoë beperk om belangrike instandhouding- en opknappingsprojekte te finansier. Die maatskappy het die uiters hoë instandhoudingskoste van sy vloot toegeskryf aan die swak gehalte van onderdele wat deur diensverskaffers gebruik word.

In ˊn e-pos wat glo 29 Februarie gestuur is, het Nored se bestuurder vir tegniese dienste, Petnen Frans, die maatskappy se interne ouditeur, Victor Vatuva, opdrag gegee om die vermoede van vervalste onderdele in Nored-voertuie deur Northern Electric and Mechanical Auto Repairs te ondersoek. Frans het vermoed dat die lae pryse moontlik is omdat sommige diensverskaffers vervalste onderdele gebruik.

Nored het sedertdien maatreëls ingestel om te verseker dat koste beheer word. Verlede week het die maatskappy se waarnemende uitvoerende hoof, Toivo Shovaleka, in ˊn interne boodskap verskeie veranderinge aan personeelstrukture aangekondig.

“Die vlootbestuursdepartement word van die afdeling vir tegniese dienste na finansies en die afdeling vir inligting en kommunikasietegnologie verskuif. Vlootbestuurders sal direk aan die finansiële bestuurder rapporteer,” het hy geskryf. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!