FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Nuwe era vir NMH

Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) het die transaksie goedgekeur ingevolge waarvan Emeraldsand Properties (Pty) Ltd al die gewone aandele van Desert Trade Investments (Pty) Ltd in Namibia Media Holdings (Pty) Ltd, moedermaatskappy van onder meer Republikein, bekom.

Stimulus Investments het in Augustus vanjaar aangekondig dat sy volfiliaal Desert Trade Investments (DTI) ingestem het om sy belang in Namibia Media Holdings (NMH) aan Emeraldsand, ‘n mede-aandeelhouer in dié mediagroep, te verkoop.

Die NaCC het dié transaksie vroeër vandeesmaand goedgekeur.

“Die aandeelhouers van Emeraldsand sal verskeie lede van die NMH- en NewsPrint-bestuurspanne, asook ons werknemers insluit, al is dit indirek,” het Albe Botha, uitvoerende hoof van NMH, gesê.

“Ewe belangrik is dat eienaarskap aan gemeenskapstrusts sal behoort, wat sodoende kan help waar hulp die nodigste is. Ek dink ons het 'n paar knap inisiatiewe wat ons, as ‘n volle Namibiese maatskappy, sal toelaat om ons land en sy mense te bevorder. Dit is werklik 'n opwindende tyd vir ons almal by NMH en NewsPrint,” het Botha gesê.

Stimulus, deur DTI, het voorheen 79,95% van die aandele in NMH en sy filiale besit, asook ‘n belang van 80% in NewsPrint Namibia.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!