#PasIn: Trans-Kalahari-grens nou 24 uur oop
Die Trans-Kalahari-grenspos tussen Namibië en Botswana is nou 24 uur per dag oop ná die amptelike bekendstelling van fasiliteite Saterdag by Buitepos en Mamuno in die buurland.
Die jongste verwikkeling volg ná die ooreenkoms tussen Namibië en Botswana om burgers met slegs identiteitskaarte die gren oor te steek, op 24 Februarie van krag geword het.
Die grenspos hanteer N$20,4 miljard se handel jaarliks. Sowat 8 800 vragmotors beweeg elke maand deur dié grensposte.
“Vragmotors moet spoedig klaring kry - sodra hulle hier aankom - ongeag die tyd van hul aankoms,” het dr. Albert Kawana, minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, by die geleentheid gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie