Peugeot, regering moet strydbyl begrawe
'Maak vrede, of gaan vir arbitrasie'
PSA besit 'n belang van 51% in die Walvisbaai-aanleg, terwyl die regering die oorblywende 49% besit.
Ogone Tlhage
Die Franse motorvervaardiger PSA Automobiles SA is aangesê om vrede te maak met die Namibiese regering in verband met ’n ooreenkoms om ’n voertuigmonteeraanleg in Walvisbaai op te rig. Die aanleg was bestem vir die uitvoer van Peugeot- en Citroen-voertuie wat plaaslik gemonteer word.
PSA het die regering daarvan beskuldig dat hy nie sy deel van die ooreenkoms nagekom het om te verseker dat die aanleg suksesvol bedryf word nie. Die Franse maatskappy besit ’n 51%-belang in die Walvisbaai-aanleg, terwyl die regering die oorblywende 49% besit.
Die aanleg is gekwel deur sy onvermoë om gemonteerde voertuie na Suid-Afrika, die streek se grootste mark, uit te voer.
MAAK VREDE
’n Uitspraak deur die hoërhofregter Shafimana Ueitele het beslis dit is die partye se plig om hul geskille op ’n vriendskaplike wyse op te los. Indien hulle versuim om dit te doen, moet hulle die saak vir arbitrasie verwys.
“Die partye moet dus hul dispuut oplos soos bepaal in klousule 20 van die ooreenkoms vir ’n gesamentlike onderneming gedateer 26 Februarie 2018. Die aangeleentheid word as afgehandel beskou en word van die rol geskrap,” het hy gesê.
PSA se aanvanklike bydrae tot die aandelekapitaal van Peugeot Opel Assembly Namibia (POAN) was sowat N$17,5 miljoen, en die Namibiese Ontwikkelingskorporasie – nou die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) – se bydrae was sowat N$12,7 miljoen, met elke bedrag in verhouding tot hul onderskeie aandeelhouding.
KERN VAN DIE SAAK
Die motorvervaardiger het gesê hy het al sy verpligtinge ingevolge ’n beleggingsooreenkoms nagekom om meer as 150 voertuie te monteer.
Na verwagting sou die aanleg ’n teikenvolume van 5 000 eenhede teen 2020 bereik om aan die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) se aanvraag te voldoen.
Verlede jaar het die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie van industrialisasie en handel, Michael Humavindu, gesê die regering werk onverpoosd daaraan om hierdie uitvoer-struikelblokke uit die weg te ruim.
Teen Junie 2022 is slegs 30 van 150 voertuie deur die regering gekoop, volgens ’n kabinetsopdrag in 2019 dat alle regeringsentiteite hul voertuigaankope moet reserveer vir Peugeot- en Opel-motors wat by Walvisbaai gemonteer is.
Die 150 voertuie wat in byna vyf jaar gemonteer is, is ’n druppel aan die emmer vergeleke met die jaarlikse teikenvolume van 5 000 eenhede teen 2020, soos aandeelhouers destyds belowe het.
Die Opel Grandland X en Peugeot 3008 was die eerste produkte van hierdie fabriek, terwyl meer veronderstel was om te volg.
PSA GEHOORSAAM OOREENKOMS
“In die besonder het [PSA] – tot op hede – alle redelike pogings aangewend om die monteerprosesse van POAN in ooreenstemming met daardie sakeplan te implementeer, deurdat die eiser gehelp het met die ontwerp, konstruksie, toetsing en installering van die gereedskap vir die montering van voertuie by die aanleg,” het die Franse motorvervaardiger se eisbesonderhede gelui.
“[PSA] voer aan dat Namibië ’n ondertekenaar is en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-verdrag, insluitend die SADC-handelsprotokolle, bekragtig het.
“Die verweerders [regering] kon ook die bepalings van handelsprotokol in die SADC-streek gebruik het om verder aan hul verpligtinge ingevolge die beleggingsooreenkoms te voldoen.”
Die regering het – as ’n lid van Sacu – nie die oorgrensbeweging van goedere vanaf POAN binne die unie gefasiliteer nie en het versuim om voorwaardes van billike mededinging in die gemeenskaplike doeanegebied te bevorder en beleggingsgeleenthede vir POAN te vergroot, is voorts in die eisbesonderhede aangevoer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie