Produksie van Lion Lager begin op Okahandja

Claudia Reiter
Die plaaslike produksie van Lion Lager is amptelik op 9 Oktober deur die minister van nywerheid en handel, Lucia Iipumbu, saam met die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, by die Welwitschia-brouery op Okahandja bekendgestel.

“Dit is 'n eer om vandag hier te wees terwyl ons die amptelike bekendstelling en aanvang van plaaslike produksie van Lion Lager deur Anheuser-Busch InBev (AB InBev) hier op Okahandja aanskou," het Iipumbu gesê.

"Hierdie belangrike geleentheid verteenwoordig 'n noemenswaardige en merkwaardige uitbreiding van die Namibiese bierbedryf, terwyl dit AB InBev se verbintenis tot die uitbreiding van beleggings in Namibië, die skep van plaaslike werksgeleenthede, die verbetering van vaardigheidsontwikkeling en die ondersteuning van ons ekonomiese groei in die algemeen beklemtoon.”

Gevolglik het AB InBev Namibia reeds sowat N$65,4 miljoen in 2023 opsy gesit om in sonkrag te belê om sodoende jaarliks ​​700 ton koolstofdioksiedvrystellings te bespaar.

“Met sy sonkragtegnologie, doen AB InBev Namibia baanbrekerswerk vir nuwe emissievrye sonkragtegnologie by die Welwitschia-brouery hier op Okahandja. Hierdie pogings is inderdaad ’n aanwins vir Namibië se ambisies vir groen industrialisasie en waterstofproduksie.”

Die Lion Lager-handelsmerk is geen vreemdeling vir die Namibiese mark nie, aangesien dit sedert onafhanklikheid 'n bekende handelsmerk hier geword het. Volgens die minister is die plaaslike produksie van dié bier ’n teken van die vertroue wat strategiese beleggers soos AB InBev het in die stabiliteit van die Namibiese ekonomie, die gehalte van die arbeidsmag en die geleenthede wat die Namibiese sake-omgewing bied.

"Hierdie stap sal ongetwyfeld 'n positiewe impak op verskeie sektore soos vervoer, logistiek en kleinhandel hê, wat groei in ons waardekettings verder stimuleer," het Iipumbu gesê.

Sy het egter gewaarsku dat AB InBev deur die bekendstelling en produksie van die bier moet verseker dat 'n deel van die maatskappy se maatskaplike belegging die publiek oor die verantwoordelike verbruik van alkohol inlig om die potensieel skadelike uitwerking van oormatige alkoholverbruik te voorkom.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!