Rössmund kom weer onder hamer
Kusredaksie - ’n Eksklusiewe veiling van die Rössmund-gholflandgoed as ’n lopende saak vind op 7 September by die Rössmund-gholfklubhuis plaas.
Esterhuizen Auctions het aangekondig dat markverwante aanbiedinge met finansiële waarborge tot twee weke voor die veilingsdatum oorweeg sal word en het verklaar dat alle verwante inligting rakende die bogenoemde eiendom vir die laaste boekjaar verskaf kan word.
Die besturende direkteur van die Rössmund-gholfbaan en woonlandgoed, dr. Gert Cloete, het egter gesê hy is onbewus van die hangende veiling.
“Ek weet net van ’n aanlyn veiling wat vir hierdie spesifieke dag geskeduleer is. Geen verkooptransaksie is by die eerste veilingspoging in April beklink nie, wat binne ’n paar minute verby was.”
De Wet Esterhuizen van die veilingshuis het beklemtoon dat die komende veiling niks te doen het met die veiling wat in April gehou is nie. Laasgenoemde was daarop gemik om sowat N$19,9 miljoen in te samel om ’n lening van die Rössmund Golf Course CC by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) terug te betaal.
“Ons gaan 39 residensiële erwe, drie sake-erwe, die lodge, gholfbaan, rolbal- en mini-gholfbaan opveil om soveel geld as moontlik in te samel.”
Die Rössmund-gholflandgoed en lodge is ’n gesogte eiendom met geriewe soos ’n goed onderhoude 18 putjie (72 par)-gholfbaan van internasionale standaard, ’n lodge met ’n swembad, ’n restaurant en wêreldklas-rolbalbaan en ’n goed versorgde mini-gholfbaan geleë aan die buitewyke van Swakopmund. Die klubhuis het sitplek vir tot 150 mense. Die hoofgebou bied ’n konferensiekamer en ’n kombuis wat volledig toegerus is.
Volgens Esterhuizen is die Rössmund-gholflandgoed ’n belegger se droom met eindelose ontwikkelingspotensiaal.
“Sake- en residensiële grond is reeds goedgekeur en gereed vir ontwikkeling. Die sakeperseel bied ’n geleentheid vir ’n boetiek, winkelsentrum, banke, vulstasie of selfs ’n gimnasium. Om by die omgewingsregulasies in te pas, is planne in plek om te verseker dat die ontwikkeling inskakel by die unieke natuurlike omgewing.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie