Rubicon vier ’n kwarteeu se dienslewering
Promosie-artikel
Hierdie sekuriteitsdiensverskaffer vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar, nadat dit op 1 Februarie 1997 sy deure geopen het.
Rubicon Sekuriteitsdienste het ontstaan toe die voormalige Tsumeb Corporation Limited (TCL) besluit het om sy interne veiligheidsfunksie te privatiseer.
In daardie selfde tyd het die behoefte aan private sekuriteitsdienste oor die land heen begin toeneem.
Met TCL as destydse ankerkliënt, het Rubicon oor die afgelope 25 jaar uitgebrei tot ’n besigheid wat meer as 1500 werknemers in diens het en met ’n voetspoor wat die grootste deel van Namibië dek.
Volgens Christo Groenewald, een van die direkteure, het die besef in 2007 ingesink dat verskeie uiteenlopende dienste binne Rubicon Sekuriteitsdienste gelewer word en gevolglik is ’n besluit geneem om hierdie dienste in sy regsentiteite in te sluit.
“Vandag bestaan die Rubicon-groep uit agt verskillende regsentiteite, naamlik Rubicon Security Services, Rubicon Alarms Services, Rubicon Transport Services, Rubicon Radio Services, Rubicon Fire Services, Rubicon Investments, Rhino Work Wear en Griffin Financial Services,” het hy gesê.
Groenewald sê as hy dit reg het, is Rubicon die grootste en langsdienende sekuriteitsonderneming met 100% Namibiese aandeelhouding in die land.
“Ons het nog altyd daarna gestreef om ’n goeie korporatiewe burger te wees en te belê in die gemeenskappe wat ons dien en om aan die toepaslike wette van Namibië te voldoen,” het hy gesê.
Groenewald sê hoewel Rubicon een van die grootste rolspelers in die sekuriteitsbedryf in Namibië is, is die speelveld nie is nie.
“Die meerderheid kontrakte word aan nuut gestigte sekuriteitsmaatskappye toegeken wat nie werknemers se salarisse betaal soos die wetgewing vereis nie,” het hy afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie