No Image Caption

Só het die prys van kos gestyg

Namibië uitgelewer aan buitelandse markte
Volgens First Capital Namibia is 2022 gekenmerk deur voortdurende prysstygings, wat deur duurder brandstofpryse vererger is.
Elvira Hattingh
Die gemiddelde voedselmandjie was in die eerste kwartaal van 2023 sowat 9,28% duurder as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Waar gemiddeld N$2 029,21 vir ’n voedselmandjie gedurende die eerste kwartaal van 2022 betaal is, het die koste nou ’n jaar later op gemiddeld N$2 217,43 gestaan.

Tussen die eerste kwartaal van 2022 en die ooreenstemmende tyd in 2023 het die prys van Top Score-mieliemeel (10 kg), Polana elmboog-macaroni (3 kg), sonneblomolie (2L), Polana macaroni (3kg) en koek- (bakpro) en witbroodmeel (2,5kg) met onderskeidelik 33%, 26%, 18% en 28% geklim.

Terselfdertyd het die prys van beesbredie en hoender (Chicken Real Good mixed portion, 1.5 kg) met 23% en 22% op ’n jaar-tot-jaar basis gestyg. Hierteenoor het die pryse vir boerewors, Mama’s Classic-rys (2 kg) en lemoene met onderskeidelik 1,67%, 0,63% en 15,63% gedaal.

Nog van die kosse wat die ergste stygings in pryse gesien het, sluit in uie, waarvan die prys met 76,13% gestyg het asook kool, wat 47,55% duurder geraak het en 10 kg Top Score-mieliemeel, waarvan die prys met sowat 36,3% gestyg het.

HERSTELKURWE?

First Capital Namibia se verslag (April 2023) bevind die koste van ’n voedselmandjie is egter 7,3% goedkoper in die eerste kwartaal van 2023 as in die vierde kwartaal van 2022.

“Nietemin is hierdie die eerste beduidende daling in die prys sedert die konflik tussen Rusland en Oekraïne uitgebreek het,” lui die verslag.

Volgens First Capital Namibia is 2022 gekenmerk deur voortdurende prysstygings, wat deur duurder brandstofpryse vererger is.

BUITELANDSE MARKTE

First Capital Namibia wys daarop dat Namibië swaar afhanklik van buitelandse markte vir sy behoefte aan koring en witmielies is.

“Dit stel die pryse van die produkte bloot aan eksterne skokke, soos die vraag en verskaffing in veel groter markte.”

Data wat deur die Wêreldvoedsel- en Landbou-organisasie (FAO) bygehou word, dui aan die wêreldwye uitset van koring in die 2022-’23 oesseisoen is beter as ’n jaar tevore.

“Dis 2% beter – aangehelp deur verhoogde produksie-uitsette in lande soos China, die Europese Unie, Rusland, Australië en Kanada,” lui die verslag. Die genoemde lande het hul oeste met onderskeidelik 2%, 4%, 30,2%, 8% en 32% verbeter.

Die FAO verwag egter die produksie van koring in Oekraïne en Indië met onderskeidelik 21% en 5% in die 2022-’23 oesseisoen sal daal.

Hierbenewens het die produksie van rys ook wêreldwyd met 1,6% in die 2022-’23 oesjaar gekrimp. Die inkrimping is hoofsaaklik die gevolg van ’n kleiner opbrengs in die lande wat groot hoeveelhede rys produseer – soos China, Bangladesj, Vietnam en Japan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!