Sakeforum begin môre in Brussel

Fokus op ‘groen ekonomie’
Die sakeforum word met die hulp van die NIPDB gereël in samewerking met verskeie ministeries, sakeverenigings, EU-lidlande en die private sektor.
Augetto Graig
Meer as 40 plaaslike besighede asook verskeie niewinsgewende organisasies neem dié week deel aan die Europese Unie (EU) se Namibië Sakeforum in Brussel, België.

Die forum fokus vir die eerste keer op groen waterstof en roumateriaal, en die geleentheid wat môre en Woensdag plaasvind, is gereël om saam te val met die EU se globale toegangsforum (Global Gateway Forum).

Volgens die EU se adjunkhoof van sendings in Namibië, Gosia Lachut, word die sakeforum saam met die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) gereël, met die samewerking van verskeie ministeries, sakeverenigings, EU-lidlande en die private sektor.

Die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) en die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) is ook betrokke.

“Handel en belegging het al belangriker geword vir ekonomiese groei en werkskepping,” het Lachut gesê.

Hoewel Suid-Afrika steeds Namibië se grootste handelsvennoot met 39% van alle invoere is, is die EU nou die tweede grootste – met invoere van 13,6% vanaf Europa en 21,6% se uitvoere wat vanaf Namibië daarheen vloei. Suid-Afrika ontvang 17,3% van Namibië se uitvoere, volgens Lachut.

Sy het ook daarop gewys dat Namibië meer goedere uitvoer na Europa as wat vanaf Europa hierheen ingevoer word.

’n Handelsforum tussen Namibië en die EU is verlede jaar met €6 miljoen (byna N$120 miljoen) versterk vir ’n ekonomiese ooreenkoms deur die EU en daar is ooreengekom dat die sakeforum interaksie tussen besighede sal aanmoedig.

FOKUS

Die tema vir dié week se forum is “Mobilisering van kwaliteit-beleggings en waardetoevoeging vir groen groei in die EU-Namibië-vennootskap” – met klem op groen waterstof en volhoubare kritieke grondstofwaardekettings. Ekonomiese groei en werkskepping deur ’n inklusiewe groen energie-oorgang is die doel, het Lachut gesê.

“Dit sluit in die benutting van die land se son- en windkrag om groen waterstof te produseer en om Namibië as ’n spilpunt vir groen energie te posisioneer. Belowend in hierdie opsig is Namibië se groenwaterstofprojek van US$10 miljard, wat na verwagting elke jaar sowat twee miljoen ton groen ammoniak vir streek- en wêreldmarkte, insluitend Europa, kan genereer.

Die EU en lidlande ondersteun Namibië in hierdie ambisieuse nasionale program wat groot finansiële, tegniese en menslike hulpbronne sal verg, asook innoverende tegnologieë en infrastruktuur. Hierdie belegging kan ’n draaipunt vir Namibië se ekonomie wees en ’n groot suksesverhaal vir ons samewerking,” sê sy.

PRESIDENT GEINGOB

President Hage Geingob sal die sakeforum open voor hy die land by die geleentheid verteenwoordig met die EU-kommissie se president, Ursula von der Leyen, as eregas. Geingob en Von der Leyen het verlede jaar ooreengekom om ’n strategiese vennootskap tussen Namibië en die EU te vestig met betrekking tot groen waterstof en kritieke minerale.

Daaruit het die inisiatief van ’n Namibië-Europa-span vir groen groei ontstaan en daarmee saam ’n operasionele padkaart vir 2023-’24.

Die NIPDB se hoofbeampte, Nangula Uaandja, was vol lof vir die idee van die sakeforum en het gesê Namibië is een van min lande waar groen waterstof teen kommersieel mededingende tariewe vervaardig kan word danksy die son, wind en die land se lang kuslyn.

“Die strategie is om Namibië deur die groen ekonomie te industrialiseer,” sê sy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!