Ter illustrasie Foto Pexels
Ter illustrasie Foto Pexels

Slakkepos se gebruik neem toe, sê Cran

Iréne-Mari van der Walt
’n Toename van 55% is in die gebruik van posbusse tussen 1 Januarie en 31 Maart vanjaar aangeteken en poskantore het landswyd met 3% gegroei.

So het die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië verlede week in ’n verklaring gesê.

Uitsaaidienste het ’n 6%-afname in inkomste aangeteken in vergelyking met die laaste kwartaal van 2022. Die inkomste wat uitsaaidienste uit reklame gegenereer het, het met 26% afgeneem.

Televisiesubskripsies het volgens Cran met 10% toegeneem, terwyl digitale televisie die voortou – met ’n toename van 34% – geneem het.

Cran se syfers dui ook op ’n afname in die aantal mobiele subskripsies, maar sê die subskripsies vir vaste lyne het konstant oor die drie maande onder oorsig gebly.

Veselverbindings neem ook toe, en kan volgens Cran direk toegeskryf word aan die uitbreiding van die veselnetwerk se infrastruktuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!