SUSPENDED: The Johannesburg Stock Exchange has suspended the trade of Trustco Group Holdings shares. PHOTO: Contributed
SUSPENDED: The Johannesburg Stock Exchange has suspended the trade of Trustco Group Holdings shares. PHOTO: Contributed

Trustco moet weer boeke vat

Betreurenswaardig, sê Van Rooyen
Die Trustco-groep sal ná 'n hofbeslissing in Suid-Afrika sy state moet aanpas as hy weer aandele in Johannesburg wil verhandel.
Ogone Tlhage
Nadat Afrika se grootste aandelebeurs die Trustco-groep weens 'n hofbeslissing geskors het, het die Namibiese maatskappy gister aangekondig dat hy sy finansiële state sal hersien.

Die Johannesburg Aandelebeurs (JSE) het verhandeling in Trustco-aandele gister opgeskort weens 'n beslissing deur die hoërhof in Suid-Afrika in die guns van van die beurs en die buurland se tribunaal vir finansiële dienste, die FST.

Appèlregter Sulet Potterill het gelas die maatskappy se boeke moet die werklike welstand van Trustco weerspieël.

“Die finansiële state van 'n genoteerde maatskappy kommunikeer met die publiek en moet 'n volledige verhaal vertel," lui die bevinding. "Die JSE en FST het bevind dat die 'rekeningkunde' nie die volledige verhaal verhaal vertel het nie en nie voldoen het aan die IFRS nie [internasionale finansiële rapporteringstandaarde]. Trustco moet aan die besluite gehoor gee en dienooreenkomstig herstateer."

Trustco se hersieningsaansoek is met koste deur die hof verwerp.

Sentraal in die kwessie staan twee persoonlike lenings aan Trustco deur sy uitvoerende hoof en meerderheidsaandeelhouer, mnr. Quinton van Rooyen. Die twee lenings het gesamentlik net meer as N$1,5 miljard beloop. Van Trustco se eiendom in Elisenheim was deel van die sage.

Van Rooyen het volgens die maatskappy se boeke die lenings prysgegee.

Van Rooyen het die hof se oordeel as jammerlik bestempel aangesien Trustco volgens hom opreg in sy saketransaksies opgetree het.

"Dit is 'n betreurenswaardige, maar nodige stap dat 'n hofbevel nodig is om die bona fide optrede en voorstellings deur ons onafhanklike direksie en ouditeure ongedaan te maak. Ons sal aan die hofbevel voldoen en ons state hersien soos beopdrag deur die JSE," het Van Rooyen in 'n nuusvrystelling gesê.

Die Bank of Namibia (BoN) is in 'n likwideringsaansoek in Namibië se hoërhof teen Trustco Bank gewikkel.

Volgens die sentrale bank is die groep se bank insolvent aangesien 'n ooreengekome herkapitalisering ter waarde van N$100 miljoen nie plaasgevind het nie. Die BoN voer ook aan dat Trustco se bank sedert 2021 geen nuwe lenings toegestaan het nie en daarom nie meer sake doen soos sy lisensie vereis nie.

Opgehoopte skuld aan die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) en die belastinggaarder (Namra) is volgens die sentrale bank verdere bewyse dat ingryping nodig is om Trustco Bank se ineenstorting te voorkom.

Die herkapitalisering moes volgens die BoN geskied in drie paaiemente van N$33,3 miljoen elk waarvan die eerste wel betaal is, maar deur terugbetalings aan die moedermaatskappy uitgewis is. Die laaste twee betalings het nie geskied nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!