UAG se spoghotelle te koop

Agt eiendomme op die mark
Voornemende kopers kan nou tenders indien vir eiendomme, soos onder meer die Zambezi River Lodge, Pelican Bay Hotel en die Thüringerhof Hotel.
Kristien Kruger
Sowat agt bekende hotelle, kantoor- en kleinhandelgeboue – wat aan die multimiljarddollar-onderneming United African Group (UAG) en sy bekende stigter en voorsitter, die egpaar Haddis Tilahun en Martha Namundjebo-Tilahun, behoort – is tans op die mark.

Die eiendomme sluit in die Thüringerhof Hotel in Windhoek, die Tallas-gebou (kantore), die Independence-gebou en Gutenberg Plaza (kantore), asook Gutenberg Platz.

Die Pelican Bay Hotel op Walvisbaai, die Zum Sperrgebiet Hotel op Lüderitz en die Protea Hotel Zambezi River Lodge op die oewer van die Zambezirivier in Katima Mulilo is ook beskikbaar vir kopers om tenders in te dien.

Dié eiendomme is op 7 Augustus op die Suid-Afrikaanse maatskappy, WH Properties, se Facebookblad geadverteer.

Die Tilahun-egpaar is gister om kommentaar genader rakende die rede vir die verkope, maar het teen druktyd nog nie gereageer nie.

DIE UAG

Haddis het die UAG in 1992 gestig en sy vrou, Namundjebo-Tilahun, het later bygekom en dien nou as medevoorsitter.

Namundjebo-Tilahun is ’n bekende Namibiese sakevrou en politikus. Sy is die voormalige president van die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid (NCCI), die stigter en voorsitter van die Dr. MNT-stigting – ’n niewinsgewende organisasie wat daarop fokus om geleenthede aan jong meisies van Afrika te bied om hul lewens te verbeter, hetsy deur middel van mentorskapprogramme, beurse of om hulle by te staan om entrepreneursprojekte te finansier.

Die Freedom Plaza, Hilton, Hilton Garden Inn en Burning Shore Hotel op Walvisbaai vorm ook deel van die UAG se eiendomme.

Die UAG het ’n verskeidenheid sakebelange en is aktief betrokke in talle plaaslike sektore, soos gasvryheid, eiendom, eiendomsontwikkeling, finansiële dienste, onderwys en hernubare energie

’n Onderafdeling van die UAG, United Security Services, het in die verlede vir byna tien jaar die kontantbetalings vir pensioen- en maatskaplike toelaes behartig, maar in 2011 is die tender aan ’n ander maatskappy toegeken. Die UAG het dié besluit in die hoërhof uitgedaag, maar het misluk.

Hul bod vir die tender is in 2017 vir die tweede keer van die hand gewys en die UAG het weer die hof genader en nogmaals gefaal om die tenderproses uit te daag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!