Payout for MTC shareholders.
Payout for MTC shareholders.

Uitbetalings wink vir MTC se aandeelhouers

Kan 37 sent per aandeel verwag
Die telekommunikasiemaatskappy het altesaam 2,5 miljoen aktiewe intekenare.
Sakeredaksie
Die plaaslike telekommunikasiereus MTC het aangekondig sy aandeelhouers sal op 8 Julie ‘n dividend van 37 sent per aandeel ontvang.

Dié aankondiging is laat verlede week gemaak nadat die maatskappy sy tussentydse uitslae vir die finansiële halfjaar, wat op 31 Maart geëindig het, bekend gemaak het – waarvoor die tussentydse dividend betaal sal word.

Die verslag toon ‘n afname in die maatskappy se wins, maar spog met ’n inkomstegroei van 4,64% tot N$1,45 miljoen, vergeleke met die vorige jaar se N$1,39 miljoen.

Volgens MTC het die maatskappy ‘n hoër inkomste gegenereer deur te reageer op “kliënte se behoeftes vir vinniger, eenvoudiger, geriefliker en meer kostedoeltreffende telekommunikasiedienste”.

MTC skryf die hoër wins toe aan volgehoue groei in inkomste uit dataverkope en vooruitbetaalde dienste, sowel as die uitbreiding van dienste.

“Die verhoogde vraag na data- en produkinnovasies is voortdurend aangedryf deur veranderende tegnologie-tendense, tesame met die voortgesette uitrol van die 081Every1-veldtog in afgeleë gebiede.

“Die nuwe vastelyn-dienste het die momentum behou wat gedurende die tweede helfte van die 2021-boekjaar opgebou is,” lui die verslag.

VOLDOEN AAN VERWAGTINGE

Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het vanjaar weer ’n heffing ingestel op grond van nuut-ingestelde regulasies en ’n uitspraak deur die hoërhof wat, volgens MTC, verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) met 5,4% tot N$711 miljoen verlaag het.

Die maatskappy het ook ‘n voorwaardelike aanspreeklikheid van N$70 miljoen in verband met die hofuitspraak geopper.

Die telekommunikasiemaatskappy het gesê hy bly daartoe verbind om aan sy kliënte en aandeelhouers se verwagtinge te voldoen.

“Ons hou aan om voorts waarde vir alle belanghebbendes te skep. Die Bank of Namibia (BoN) voorspel steeds ‘n ekonomiese ommeswaai in 2022 met ’n groei van ongeveer 3,4% in die bruto binnelandse produk (BBP).”

Met verswakte bedrywighede in die algemeen het winsgewendheid binne ses maande afgeneem vergeleke met 2021 – ’n vermindering van byna N$62 miljoen in bedryfswins.

Intussen het die maatskappy teen die einde van die finansiële halfjaar meer as twee miljoen voorafbetaalde intekenare en 159 345 kontrakintekenare, altesaam 2,5 miljoen aktiewe intekenare, gehad.

Die laaste dag om te verhandel om die dividend te ontvang is 17 Junie, terwyl die betaaldatum 8 Julie is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!