Die adjunkminister van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Lucia Witbooi. Foto argief
Die adjunkminister van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Lucia Witbooi. Foto argief

Byna 100 000 kry ID’s

Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se massaregistrasieveldtog duur nog tot 31 Julie.

Die adjunkminister Lucia Witbooi het vandag bevestig dat tot en met 16 Julie altesaam 94 317 Namibiërs by die veldtog gebaat het. Tydens die veldtog reik die ministerie landswyd uit om nasionale dokumente uit te reik, insluitend geboortesertifikate, identiteitsdokumente (ID’s) en aansoeke om burgerskap.

Daarbenewens is besonderhede van inwoners van Namibië wat nie amptelike burgerskap het nie, ingesamel vir verifikasie en op te volg om burgerskap te bevestig en toe te ken, brei sy uit.

Sy betreur egter die feit dat teen 17 Julie slegs 52 896 uit 93 019 nuwe identiteitskaarte, wat deur die ministerie gedruk is, afgehaal is. Die meer as 40 000 Namibiërs wat nog nie hul nuwe identiteitskaarte afgehaal het nie, word versoek om dit so gou as moontlik te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!