Foto ter illustrasie/Pexels,Arif
Foto ter illustrasie/Pexels,Arif

Kollig-kalender

STEEDS AAN DIE GANG

• Die kunstenaar Barbara Böhlke se jongste uitstalling, The Time Between, kan tot môre by The Project Room besigtig word.

• Die Nasionale Keramiek-biënnale vind tot 28 September by die Nasionale Kunsgalery plaas.

VANDAG

• 18:00 – First Fridays bied ’n “sip, shop & paint”-geleentheid by ETC in Gartenstraat in Windhoek aan. Kaartjies kos N$100 by die deur.

• 18:00 – Amberscape tree by Musos in Windhoek op met spesiale gas Noodhulp van Mars. Toegang kos N$30 by die deur.

• 18:30 – Die Purple Fig-kookskool bied ’n aand van kulinêre bederf by Arebbusch Lodge aan. Kaartjies kos N$680 wat ’n vyfgang-fynproewersmaaltyd en vermaak deur Lin-Mari insluit.

MôRE

• 10:00 – Die tweede Deep Dive-seekos en wynfees vind by die Handle Bar in Windhoek plaas met ’n verskeidenheid plaaslike en Suid-Afrikaanse kunstenaars.

• 11:00 – Die Deep in the City-fees vind vandag en môre by die Doc Jubber-velde plaas. Kaartjies kos N$70 en is beskikbaar via Webtickets.

• 11:00 – Lente Frühschoppen by die Altstadt Restaurant in Swakopmund, met regstreekse musiek deur Tin Heads. Toegang is gratis.

• 16:00 – Die Mej. Okahandja-skoonheidskompetisie vind by die munisipale saal op die dorp plaas. Kaartjies kos N$100 en is beskikbaar via Webtickets.

• 18:00 – SA se Biggy tree by Kiepies Dance Bar & Restaurant op. Kaartjies kos N$250 vir algemene toegang of N$700 (VIP, vir 2 mense en sluit ’n emmer met bier in). Kaartjies is deur die KuduKey-toepassing beskikbaar.

• 19:00 – Strictly Soul is terug met ’n aand gevul met die klanke van Brandy, Beyonce, TLC, Mary J Blige, T-Pain, SZA en vele meer by The Village Garden in Windhoek. Kaartjies kos N$100 en is beskikbaar via quicket.co.za.

SONDAG 8 SEPTEMBER

• 08:00 – Die Windhoek DBV hou sy jaarlikse Mutt Strutt wat by Eagles Restaurant begin. Registrasies is oop by die DBV tot Saterdag om 12:00. Indien jy nie ’n vierpootvriend het om saam te neem nie, kan jy een van die DBV se honde vir ’n uitstappie neem. Inskrywings kos N$100 en meer inligting is by [email protected] beskikbaar.

VRYDAG 13 SEPTEMBER

• 18:30 –Die Suid-Afrikaanse sangers Nadine tree by Windhoek Hoërskool op. Kaartjies beloop tussen N$120 en N$500 en is beskikbaar via webtickets.com.na.

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!