VARS: Jan Burger met ’n reusevis. Foto verskaf
VARS: Jan Burger met ’n reusevis. Foto verskaf

Kom stil gerus jou honger

Kos uit die boonste rakke
Jan Burger is tans besig om 'n nuwe spyskaart vir Fisherman's Kitchen te ontwikkel wat mense se sintuie sal prikkel.
Otis Daniels
Kusredaksie – Fisherman’s Kitchen het sy deure amptelik in Desember 2022 oopgemaak.

Jan Burger het op 21 Junie 2023 die besigheid by die oorspronklike eienaar gekoop. Hy vertel vriende het hom een aand vir ete genooi en hulle het hom na Fisherman’s Kitchen geneem.

“Ek het onmiddellik verlief op die plekkie met die gemaklike atmosfeer geraak en op die disse wat hulle op die spyskaart gehad het. Dit het my laat terugdink aan my kinderdae. Ons het altyd Desember hier teen die kus kom vakansie hou en dan sommer die vars vis so langs die see gebraai.”

Van die visdisse by Fisherman’s Kitchen word daarom oor die kole gebraai om daardie eie smaak aan die kos te gee.

“Ons toets gereeld nuwe resepte uit om as ’n restaurant te bly groei. Ons tjips is kraakvars en word elke dag met die hand gesny. Geen gevriesde tjips word hier verkoop nie.”

Op die oomblik het Fisherman’s Kitchen ’n klein verskeidenheid vleisdisse op sy spyskaart om mense wat nie mal is oor seekos nie ook te akkommodeer.

“Ons Jack Daniels ribs is eie aan ons restaurant en vleiseters hou baie daarvan. Dit kom in porsies van 500 g en 1 kg wat met slaai, tjips of rys bedien word. Ons het nou ook hoendervlerkies op die spyskaart. Dis op die oomblik in drie geure beskikbaar; spicy, sweet and orange asook sweet and lime. Ons beplan nog ’n paar nuwe geure in die nabye toekoms.”

Die seekos wat in die restaurant bedien word is so vars as moontlik.

“Ons ondersteun die plaaslike strandhengelaars asook die skiboot-operateurs waar ons die meeste van ons vars vis aankoop.”

Jan koop nie groot hoeveelhede vis op ’n slag nie, om te verseker dat die vis vars bly.

“Die meeste van die vis word direk van die skibote af gekoop. Soms met die strandhengelaars wat hier naby visvang, lewe die vis nog wanneer dit in die restaurant beland, so vars is dit.”

Hy is tans besig om ’n nuwe spyskaart te ontwikkel wat mense se sintuie sal prikkel.

“Sodra die nuwe spyskaart klaar en deeglik getoets is, sal ons weer aanlyn op Buddy Eats verkoop. Ons verkoop ook wegneemetes en kliënte is welkom om ons te skakel en dan bring ons die kos na hulle toe as hulle voor geparkeer is of enige plek in die sentrum se parkeerarea. Die restaurant bied ook gereelde spesiale aanbiedinge aan en elke weeksdag ’n “happy hour” op Hansa Daught teen N$23 per draught.

“Nog ’n nuwe item waaroor ons baie opgewonde is, is ons vars Golden Crab wat ons weekliks vars inkry. Dit is N$289 vir ’n 1 kg-porsie. Dis ’n moet vir iemand wat daarvan hou om met hulle hande te eet en sommer lekker lank te kuier en te peusel.”

Gedurende spesiale vakansiedae is daar ’n spesiale aanbieding op medium vars oesters.

“Wanneer dit in voorraad is dan is dit op ’n promosieprys van N$15 per vars oester,” het Jan benadruk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!