Kusliga lewer bielie-kabeljoue

Leandrea Mouers
Die kusliga het verlede naweek groot kabeljoue uit die see getrek.

Die geleentheid het by Windpomp 14 plaasgevind waar ’n redelike aantal groot haaie en kabeljoue gevang is, sê Leon Krauze van Leon’s Tackle Shop op Hentiesbaai.

Corne Kruger en Johan Herbst het die twee grootste kabeljoue gevang van onderskeidelik sowat 23 kilogram en sowat 27 kilogram. Wat hierdie vangste besonder merkwaardig maak, is dat die see baie sterk was.

“As jy voor die kompetisie vir my gesê het dat dié visse gevang sou word, sou ek dit nie geglo het nie, maar hier is die bewyse,” sê Krauze. Beide visse is ook weer in die see vrygelaat.

“Eerskomende naweek het ons ’n interklubkompetisie. Die kusliga is waar klubs by die kus teen mekaar meeding; dit is ook ’n meer sosiale kompetisie. Daar is vyf interklubkompetisies per jaar, en dit sal ons tweede een vir die jaar wees. By die kompetisies verdien jy punte wat jou kwalifiseer om vir die Namibiese span te hengel,” voeg Krauze by.

Hy sê ook dat dié week se voorspelling vir die viswaters belowend lyk.

“Die water gaan lekker plat wees en die toestande lyk baie goed vir steenbras en kabeljou.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!