Lede van die Oktoberfest se reëlingskomitee, Danelle Duvenhage (organiseerder); David de Korte (die direkteur van die Moth-sentrum); en Johan de Beer, gesels met Lou-Marie Steenkamp oor die komende fees. Foto Erongo 24/7
Lede van die Oktoberfest se reëlingskomitee, Danelle Duvenhage (organiseerder); David de Korte (die direkteur van die Moth-sentrum); en Johan de Beer, gesels met Lou-Marie Steenkamp oor die komende fees. Foto Erongo 24/7

’n Fees met ’n doel voor oë

Geldinsameling vir organisasies
Die Oktoberfest se verrigtinge word oor 'n tydperk van twee weke gehou en loop op die eerste Sondag in Oktober tot 'n einde.
Precious Nghitaunapo
Die Veterans Pub gaan sy tweede jaarlikse Oktoberfest op 14 Oktober by die Veterans Pub in die Moth-sentrum op Walvisbaai aanbied.

Die geld wat ingesamel word, sal aan organisasies geskenk word wat ’n verskil in dié hawedorp se gemeenskap maak.

David de Korte, die direkteur van die Moth-sentrum, sê ná verlede jaar se suksesvolle Oktoberfest, is besluit om weer geld vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in te samel, asook om niebederfbare produkte te versamel en aan die Kids Haven-kinderhuis op Walvisbaai te skenk.

“Behalwe vir die skenkings, sal die geleentheid pret en verskeie aktiwiteite bied, met ’n verwagte 250 tot 300 besoekers,” het die organiseerder van die geleentheid, Darnell de Lange, gesê.

Sy het gesê ’n wye verskeidenheid van Duitse kosse, soos onder meer Bratwurst, aartappelslaai, bröchens en varknekke sal op die spyskaart wees.

“Besoekers kan sowat 14 stalletjies by die fees verwag, met handgemaakte leeritems, juwele, lekkergoed, borrelwafels en meganiese bulritte. Besoekers moet op die uitkyk wees vir die oesterkroeg en verskeie kunstenaars gaan die aand almal vermaak.”

Die reëlingskomitee het besluit om al die stalletjies binnenshuis op te stel om enige stof of sand te vermy. “Buite gaan die tent met die meganiese bulrit, en al die droë kos vir die kinderhuis ontvang word.”

Toegang beloop N$30, terwyl kinders onder 12 die fees gratis kan bywoon.

Die Oktoberfest is ’n jaarlikse instelling met sy oorsprong in Duitsland. Die verrigtinge word oor ’n tydperk van twee weke gehou en loop op die eerste Sondag in Oktober tot ’n einde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!