’n Viering van Kuns en Kultuur

'n Spesiale uitsending oor die Napso Nictus Kuns- en Kultuurfees kan vanaand op NTV gesien word.
Leandrea mouers
Die sewende uitgawe van die Napso Nictus Kuns- en Kultuurfees, wat vanjaar deur Walvisbaai Privaatskool aangebied is, het 1627 inskrywings ontvang in kategorieë soos dans, sang, kuns, voordrag, gedramatiseerde voordrag, poësie en nog vele meer!

Privaatskole van oraloor die land het oor drie dae heen die gehoor bekoor met hul vele talente en kunswerke.

Die hoogtepunt van die fees was natuurlik die gala-aand, waar die beste talente op die verhoog te sien was.

Die gaskunstenaars vir die aand was Ashton Hawes, wat Golden Hour gesing het, Louwrens Swart, die jongste deelnemer, met die gedig Super-Out, Ben Redelinghuys op die tromme, en Mountain Voices, ’n koor. Lienette de Klerk het die gehoor laat skaterlag met haar voordrag oor familie-vakansies. Verder het The Greatest Show, ’n dansgroep, opgetree, en Bo Ai Chen het op die viool gespeel. Annemie Rossouw het ’n Duitse gedig voorgedra, en Fragrance of Excellence, drie ballerinas, het ook hul talent gewys. Anri Hatting het met ’n dramatiese voordrag uitgeblink. Johan van Wyk het op die klavier opgetree, en die Vastrappers het die gehoor met hul energieke dans aan die handeklap gehad. Leanri Truter het met haar sagte stem beïndruk, terwyl die H2E Crew ’n Hip-Hop dans gedoen het. Jeandré Bruwer het ’n dramatiese voordrag gelewer, en Pieter Kotzé het op die viool gespeel. Henré Opperman het die gehoor weer herinner aan hoe wonderlik die Afrikaanse taal is, en Alyna Swartz het ’n pragtige dansvertoning gelewer. Laastens het Jeandré Bruwer en Jana Duvenhage die skare laat lag met ’n komiese kort-drama oor “liefde en huwelik”.

Vanjaar was daar ook ’n kookkompetisie. Die Appirklaas-kokke het in aksie gekom, en Gobabis Gymnasium het die eerste plek ingepalm. In die tweede plek was Privaatskool Moria, en derde plek het aan Pro-Ed Akademie behoort.

By die kokkertjies (laerskoolleerlinge) het die Naartjie Kombuis (Walvisbaai Privaatskool) eerste plek behaal, gevolg deur die Mieliepitte van Berg-op Akademie en die Kleine Klitsies (Privaatskool Elnatan) in derde plek.

Die wetenskapafdeling het ook gewys wat in hulle steek. In hierdie afdeling het die volgende leerlinge goud gewen het: Tenacity Olivier (Graad 6) van Oranjemund Private School vir Social Influences, Liha Tromp van Windhoek Afrikaanse Privaatskool vir Best Way to Cool Down a Horse, Merle Oosthuizen (Graad 7) van Karstveld Academy vir Energy Efficient Lightbulb, en Yvonne van der Merwe en Kauna Amadhila (Graad 10) van Karstveld Academy vir Cloud Seeding.

Silwermedaljes is toegeken aan Malachi Nel (Graad 2) van Oranjemund Private School vir BMI Investigator en Phillemon Uusiko (Graad 6) van Oranjemund Private School vir Fission vs Fusion Reactor.

Die bittersoet einde van die fees het aangebreek toe Napso Namibië se hoofuitvoerende beampte, Wouter Niehaus, aangekondig het dat hy bedank. Charmaine Ras, die sekretaresse van Napso, het ook haar bedanking aangekondig. Albei sal teen die einde van die jaar diens beëindig.

“Dit is hartseer. Ons het nou al ses jaar ingesit; die Here het ons ongelooflik geseën oor die ses jare, maar ons seisoen is nou verby,” het Niehaus gesê.

Dit is egter nie die laaste van die Kuns- en Kultuurfees nie, aangesien daar vanaand oudisies gehou word waar die beste van die beste gekies word om deel te vorm van die Napso Kuns- en Kultuurtoer.

Merk jou kalender vir 25, 26 en 27 Oktober, wanneer die toer by Pro-Ed Akademie in Swakopmund afskop.

‘n Spesiale uitsending oor die fees sal vanaand om 18:30 op NTV (DStv kanaal 285 en GoTv kanaal 25) uitgesaai word.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A