#PasIn: Skou, pretpark tree glo nie-mededingend op
Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) het Vrydag aangekondig dat dit ‘n klag van nie-mededingende optrede deur die Windhoek Skouvereniging (WSS) en Just Fun Amusements CC ondersoek.
Dit volg nadat die NaCC op 10 Oktober verlede jaar ‘n klagte ontvang het van Pioluc Investment CC, wat vir uitstalruimte by 2022 se skou aansoek gedoen het. Die aansoek is glo van die hand gewys vanweë ‘n langtermyn-ooreenkoms tussen die skou en Just Fun Amusements.
Ingevolge die ooreenkoms geniet Just Fun Amusements alleenreg om ‘n pretpark of mallemeule by die jaarlikse skou in Windhoek aan te bied.
Die klaer is van mening dat die eksklusiewe ooreenkoms hom daarvan weerhou om regverdig in die relevante mark mee te ding – ‘n optrede wat teen sekere wetbepalings is.
Die mededingingskommissie sê dit sal voorts vasstel of ‘n eksklusiewe ooreenkoms wel tussen die partye bestaan en of die Windhoek Skou die mark domineer en sy dominansie misbruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie