Renosterstroper vrygelaat
Die veroordeelde renosterstroper Jackson Babi is Woensdag uit die tronk vrygelaat nadat hy 'n boete van byna N$230 000 betaal het ná die hersiening van sy vonnis einde verlede jaar. Die selfverklaarde profeet sal vanaand op sosiale media ‘n regstreeks uitsending doen, het sy kerk, House of Joy Ministry, aangekondig. Hy is in Mei 2020 vir renosterstropery in hegtenis geneem en is gevonnis tot 'n effektiewe tydperk van 10 jaar gevangenisstraf, wat laat verlede jaar verminder is. Die prediker het skuld beken op 11 aanklagte wat onder meer bestaan uit onwettige jag, diefstal, omkopery, geldwassery en die besit van renosterhorings.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie