Tito reg vir Nakathila om ‘n punt te bewys
Boks
Jeremiah “Low Key” Nakathila van Namibië se ligweltergewiggeveg vroeg Sondagoggend (Namibiese tyd) teen Ernesto “Tito” Mercado van die VSA in Ontario, Kalifornië, het weens Mercado se reputasie heelwat belangstelling in die VSA aangewakker.
Die 21-jarige Mercado (12-0, 11 uitklophoue) wil hom as die beste ontluikende vegter in dié gewigklas bewys deur Nakathila (33) so vroeg as moontlik droomland toe te stuur.
Die jong Amerikaner het sy professionele debuut in Julie 2021 gemaak. Hy het vanjaar van robuuste mededingers soos Henry Lundy (VSA) en Xolisani Ndongeni (Suid-Afrika) ontslae geraak.
Lundy (39) het nou sy laaste ses gevegte verloor, terwyl Ndongeni (33) sy vorige vyf gevegte op ’n streep gewen het voor Mercado hom met ’n eenparige puntebeslissing gestop het. Die Suid-Afrikaner was wel die eerste opponent wat vir Mercado vir die volle bestemde rondes besig gehou het sonder om uitgeslaan te word.
Beide Lundy (31-14, 14 uitklophoue) en Ndongeni (31-3, 18 uitklophoue) is ervare kalante, maar Lundy is reeds verby sy beste.
Mercado het gedurende 2023 ook van José Marcos Angulo (27) van Ekwador (15-7, 8 uitklophoue) met ’n uitklophou in Februarie geklop. Meer onlangs in Augustus het hy vir Carlos Manuel Portillo (30) van Paraguay uitgeslaan. Portillo is geen groentesmous met ’n rekord van 23-5 en 17 uitklophoue nie.
Videomateriaal van Tito verklap ’n sterk slaner met dinamiet in beide vuiste en blitsig soos ’n kobra. Sy kombinasies na die kop en lyf is geensins onder verdenking nie en hy beskik oënskynlik oor daardie “killer instinct” waarvan vele boksers net kan droom.
Mercado sê die kragmeting teen Nakathila sal wys dat hy gereed is om sy plek onder die “werklike topklas” kompetisie in te neem. Vir 2024 is sy visier ingestel om die ligweltergewigklas se ander ongekroonde jong leeus soos Jose Ramirez, Jack Catterall, Jose Pedraza, Arnold Barboza, Richard Commey of Sandor Martin te takel.
Met skaars 35 rondes as beroepsvegter is hy nog ietwat van ’n onbekende faktor, maar hy voorspel hy wil teen Nakathila vir ’n paar rondes boks net om sy voetwerk en vernuf ten toon te stel voor hy werklik tot aksie oorgaan.
Mercado het aan Boxingscene.com gesê: “Nakathila het nie net die ervaring nie, maar hy het teen top-ouens geveg en goed gevaar. Hy is die perfekte vegter om my vaardighede teen te wys en dit sal beslis my loopbaan bevorder.
“Dit sal my laat groei, en dis wat ons wil hê – gevegte teen ouens wat nie net daar vir die geld is nie. Ek wil bewys dat ek op die vlak van Shakur Stevenson en Raymond Muratalla is. Ek wil in dieselfde asem as die topname genoem word. Ek het al gewys ek verdien om daar te wees.
“Ek is die beste vooruitsig in dié sport op grond van nie net my vaardighede nie, maar die uitdagings wat ek bereid is om te neem en die ouens wat ek reeds geklop het. Geen ander bokser het die rekord of is bereid om te veg teen die ouens vir ek reeds geklop het nie.
“Ek dink nie daar moet eens oorweeg word wie die beste is nie. Ek is die beste, soos ek al bewys het. Om Nakathila te klop, maak my beslis die vooruitsig van die jaar.
“Ek dink ek wil ’n bietjie meer teen Nakathila boks en vir mense wys ek weet hoe om om die kryt te beweeg. Ek wil net iets wys wat ’n bietjie anders is. Toeskouers het reeds my krag gesien, maar ek wil ’n bietjie meer boks en dan die uitklophou plant.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie