Eenvoudige planne, groot verskil
#I Am In
Intensiewe vroeë ingryping skep nuwe maniere van dink wat tot 'n afname in geestesgesondheidsprobleme sal lei.
“Ek dink nie mense besef ons het ’n krisis nie. Ook nie met watter eenvoudige planne ons ’n baie groot verskil kan maak nie.”
As psigometris en sielkundige berader is Jana Durand goed vertroud met dit wat kinders, tieners en jong mense laat tiek, maar hulle ook oorweldig en breek. Sy ken ook ouers se dikwels desperate krete oor ’n kind wat selfdood mag kies, ’n intelligente kind wie se punte dit glad nie weerspieël nie; ’n kind wat dwelms en alkohol misbruik.
Lankal droom sy van ’n ingrypingsentrum waar onder meer leerprobleme getakel word en kinders op ’n gesonde manier kan sosialiseer.
“’n Ordentlike loopbaannavorsingsprogram en praktiese sentrum,” verwoord sy een van die sentrum se doelwitte.
Elke ouer en kind vir wie van leerprobleme tot alkohol- en dwelmmisbruik ’n werklikheid is, kry met die beplande sentrum die geleentheid om iets daadwerklik daaraan te doen, sê Jana.
“Hoekom wag vir die leiers om iets te doen? Kom ons wéés die leiers!”FISIES EN EMOSIONEEL
Met verwysing na leerprobleme sê sy kognitiewe vaardighede is selde die probleem, maar eerder fisieke of emosionele oorsake.
“Professionele beroepslui maak die diagnose, maar die meeste van die tyd kan dié probleme getakel en nuwe paaie geskep word.”
Jana beklemtoon “ons moet kinders opsies leer om fisieke en emosionele blokkasies te oorkom”.
Intensiewe vroeë ingryping skep nuwe maniere van dink wat volgens haar tot ’n afname in geestesgesondheidsprobleme sal lei.
“As volwassenes ’n rehabilitasiesentrum vir alkoholmisbruik het, waarom is dit dat ons kinders nie ’n sentrum het wat hulle help om blokkasies te oorbrug wat hulle weerhou om kognitief op te tree en fisiek en emosioneel gesonde individue te wees nie?”
Die sentrum moet ook ’n plek wees waar kinders kan skaatsplankry, fietsry, basketbal speel en op ’n gesonde manier kan sosialiseer.
Namibië ondervind ’n toename in kinders wat weens dwelmmisbruik uit die skool geskors word. Gewoonlik kry dié kinders “drie tot vyf weke om hulself uit te sorteer” en keer weer terug met ’n negatiewe toets.
“Die onmoontlike word van hulle verwag. Hulle is verslaaf.”
Dit is ons werklikheid, maan Jana.
“Wanneer gaan ons besef hulle weet nie hoe ‘gesond’ lyk nie? Selfs al is hulle desperaat om ’n gesonde gemoedstoestand te hê, weet hulle nie hoe om dit te bereik nie.”
ONDERWYSERS EN OUERS
Ouers is desperaat, sê Jana.
Onderwysers is onderbetaal en geniet om ooglopende redes nie noodwendig meer om onderrig te gee nie. Tog word van leerlinge verwag om positief te wees en volwasse op te tree.
“Hulle voel nie geliefd nie. Die werklikheid is, as ’n kind nie geliefd voel nie, kan jy hom as sy ouer of onderwyser nie onderrig of dissiplineer nie. Daarom kom konneksie eerste,” beklemtoon sy.
Die sentrum sal ook fokus op ordentlike loopbaannavorsing.
“Ek glo as jy ’n titel het, maar jy vervul nie daardie rol nie, laat jy ruimte vir ander om die werk te doen.”
Die regering is tans vasgevang in ’n magdom ander verantwoordelikhede. “Hoekom neem ons nie dié taak oor nie?” vra Jana.
“Kom ons bestuur self van die belastinggeld tot die voordeel van ons jeug.”
PLATFORMS
Sedert sy haar droom in die sosiale media gedeel en ook ’n Facebook-blad, I AM IN, geskep het, het sy vele positiewe reaksies ontvang van dié wat hiermee bereik is.
“Ek dink egter mense is ook huiwerig, en sal dalk eers wil sien of dit regtig gaan gebeur. Mense sien die groot voordeel van vroeë ingryping op so ’n intensiewe manier. Die feit dat hulle ervaar hul kind/ers presteer swak, maar kan die werk doen en die redes is nie kognitief nie, gee hulle hoop. Die proses maak sin.
Die uitreik na skole en besighede is nog in die beplanningsfase, hoewel twee skole haar reeds gekontak het.
“Besighede is nog nie betrokke nie, maar vergaderings is belê, of daar is ’n vooruitsig.”
Enige vorm van hulp en ondersteuning is welkom, sê Jana.
“Om vir ander te vertel, te help met geldinsamelingsidees en om talente wat jy het, tot voordeel van die projek beskikbaar te stel. Woon vergaderings by; ons kan nooit te veel van Oupa en Ouma se wyshede kry nie!”
Planne word op die Facebook-blad bekend gemaak, met die eerste vergadering wat gister plaasgevind en op leermetodes gefokus het.
“Ons gaan gereeld bymekaarkom, en die inligting sal altyd op die blad wees. Verskillende onderwerpe soos skoolgereedheid, dissipline, angs tydens eksamen ens. gaan bespreek word.”
“Ek smeek alle maatskappye en elke individu met ’n passie en ’n hart vir kinders en die toekoms van hierdie land om my hand te neem. Ek is gewillig en bereid om my passie en kundigheid op die tafel te plaas; ek is bereid om alles wat moontlik is te doen om geld hiervoor in te samel.”
Jana erken sy het nie al die antwoorde nie en sy weet ook nie alles nie.
“Ek weet wel ons moet daar wees vir mekaar en dat ons iets, enigiets, moet doen!”
Sluit by die Facebook-groep I AM IN aan vir meer besonderhede oor beplande projekte, besprekings en die sentrum.

Kommentaar
Alba van Zyl
Uitstekend!! 'n Inisiatief wat vir ons Namibiese Kinders en Ouers goud werd gaan wees!