Menethe leef haar roeping uit
Sportspesifieke voedsel en algehele welstand
MSN Wellness lewer maaltye af, voorsien eetplanne spesifiek saamgestel vir individue se doelwitte en kan jou help met maaltydvoorbereiding.
“Dit was ’n groot uitdaging om my eie besigheid te begin en dit het baie dapperheid geverg, maar ek het ’n roeping vir my lewe en sonder hierdie roeping sou ek nie my doel uitleef nie. Ek moes ’n pad met die Here stap en dit doen wat Hy wil hê ek moet doen.”
So sê die eienaar van MSN Wellness, Menethe Nawes, wat haar passie vir gesonde kos, welstand en sport uitleef en haar kundigheid gebruik om Namibië se nasionale onder 20-rugbyspan te lei om afgeronde en gesonde sportmanne te word.
Menethe was ’n persoonlike afrigter wat vinnig besef het dat dié bedryf oorversadig is. In haar soeke na ’n nis wat tot die massas spreek, het sy in 2022 besluit om oor te skuif na gesonde kos en maaltydvoorbereiding.
“Dit het begin met net maaltydvoorbereiding. Daarna het ek besluit om ook met 'n maaltydvoorbereidingsgids te begin. Mense kan vir een-tot-een-maaltydvoorbereidingslesse, of ‘meesterklasse’ ook kom waar ek saam met hulle weekliks maaltye voorberei sodat ek hulle kan touwys maak,” vertel Menethe.
Haar kwalifikasies in gevorderde persoonlike afrigting, asook basiese voeding- en welstandafrigting by Trifocus Fitness Academy gee vir Menethe die nodige kundigheid om mense by te staan in voedselbeplanning wat pas by elkeen se leefstyl en doelwitte. Vir raad en lesse oor gesonde kos en hulp met maaltydvoorbereiding kan kliënte Menethe kontak vir ’n konsultasie waarna sy hulle help om ’n eetplan saam te stel.
MSN Wellness se maaltye kan ook bestel word van ’n spyskaart en by jou afgelewer word. Onlangs is ook begin om dié maaltye by die kus af te lewer.
“Die maaltye is vakuumverpak wat jy gevries kan hou, uithaal en dit net in die mikrogolf sit. Dit is baie nuut en ietwat van ’n uitdaging. Ek kry ook nuwe resepte en idees oor hoe om te werk te gaan met dié etes.”
Daar is ’n groot verskeidenheid pakkette wat wissel tussen drie etes, elke dag van die week, vyf dae van die week of drie dae. Die etes kan ook verminder word na slegs een of twee maaltye op ’n dag en die pryse word daarvolgens bepaal.
SPORTSPESIFIEK
Ná Menethe met MSN Wellness begin het, het sy ’n nuwe passie ontdek – sportgebaseerde kos vir spanne.
“Dit is my gunsteling, ek moet sê, om saam met sportspanne te werk. Dit is nou my passie.”
“Ek het dié passie ontdek nadat die voormalige Namibiese rugbyspeler Darryl De La Harpe na my uitgereik en hy gesê het 'n onder 20-rugbyoefenkamp word gereël. Sy broer is die hoofafrigter en hulle het iemand nodig gehad om kos te voorsien, maar hulle het sportspesifieke maaltye nodig. Dit was soos 'n nuwe uitdaging en ek het dit aangegryp en daarmee gehardloop, dit is nou my hooffokus.”
Volgens Menethe was die werk met die Namibiese onder 20-rugbyspan vir haar ’n hoogtepunt. Sy voorsien die span met etes tydens oefenkampe en het vir elke speler ’n eetplan saamgestel wat voorsiening maak vir elkeen se individuele vereistes. Volgens Menethe is die meerderheid spelers se doelwit om spiermassa op te tel en stel sy ’n eetplan saam om daardie doelwit te bereik.
Die fokus met dié span is nie net gesonde voeding nie, maar ook ontwikkeling en fisiese, geestelike en emosionele welstand.
“Die jong spelers is oop om te leer omdat hulle pas uit die skool kom en die meerderheid professioneel wil speel. Hulle wil dus weet wat hulle moet doen om hierdie reis aan te pak en 'n professionele atleet te word. Dit was vir my die beste ervaring tot dusver.”
Buiten vir haar werk met rugbyspelers, het Menethe ook in die verlede ook met Crossfitters, tennis-, hokkie- en sokkerspelers gewerk.
“Dit is interessant dat, alhoewel 'n mens net met atlete werk, vereis verskillende sportkodes ook verskillende voedingsvereistes. Wanneer ons byvoorbeeld na 'n tennisspeler of 'n hokkiespeler kyk, fokus ons meer daarop om seker te maak dat die kalorieë en die makro's wat hulle inkry, steeds voorsiening maak vir die ratsheid wat hul sport vereis. Hulle moet steeds lig op hul voete wees.”
Volgens Menethe is die Crossfitters baie streng en toegewyd as dit kom by kos en dit was hulle eet.
“Hulle het egter baie eise en eet baie goed glad nie. Dit is baie anders as die rugbyspelers wat net vleis, rys en aartappels wil eet,” spot Menethe. Sy is wel ernstig oor haar doelwit om in die toekoms met meer en groter spanne te werk.
EEN-TOT-EEN
MSN Wellness se maaltydlvoorsiening en –lesse is nie net baie sportspesifiek nie, maar ook spesifiek tot individue.
"As jy sekere kalorieë-vereistes het, probeer ons ook by daardie kalorieë en die makro's bly, veral omdat ek wil fokus op atletiese prestasie en sportontwikkeling. Daar is dus spesifieke makro's wat jy moet volg, veral as jy 'n hoë intensiteit-atleet is. Ons moet seker maak dat jy die regte hoeveelheid proteïene, koolhidrate en vette inkry, en dat dit alles goed gebalanseerd is,” verduidelik sy.
Menethe se kundigheid kan ook haar kliënte help wat nie weet wat hul kalorieë-vereistes is of hoeveel hulle per dag moet inneem nie.
“Ek doen 'n wanbalansskandering saam met jou waar ons kyk na 'n ontleding van liggaamskomposisie en -verhouding. Ons kyk na jou proteïene, minerale, totale waterpersentasie, liggaamsvet en spiermassa. Dit is asof ek regtig 'n reis saam met jou stap. Dit is baie een-op-een en persoonlik,” vertel sy.
KOFFIE, BIER – NIE SO GOED
Menethe se grootste wenk vir atlete wat ernstig is oor hul sport, is om te weg te doen met te veel kafeïen voor ’n oefening, wedstryd of kompetisie.
“Kafeïen het 'n uitwerking op jou bynier. Dit neem jou tot ’n uiterste hoogtepunt en dan daal dit vinnig weer. Kafeïen in 'n sekere matigheid is goed, maar as jy 'n sekere limiet oorskry, word jou hele endokriene stelsel beïnvloed. Dit veroorsaak ’n agterstand, want jou liggaam wil al hierdie kafeïen skoonmaak sodat jou byniere en endokriene stelsel behoorlik kan funksioneer en jou veg-of-vlug-reaksie, adrenalien en besluitneming optimaal kan funksioneer.”
Volgens haar dink mense dikwels hul liggame het ’n kafeïentekort, maar dit is waarskynlik ’n te kort aan vitamiene, minerale of proteïene. Volgens haar kan iemand dit egter eenvoudig uit 'n goeie, voedsame maaltyd kry.
Volgens Menethe moet atlete eerder probeer om koolhidrate en proteïene in te neem, maar sê bier tel nie!
“Ek dink in Namibië het ons ’n kultuur waar ons bier drink ná ’n wedstryd of kompetisie, maar dit is net leë kalorieë wat jy weer op ’n Maandag moet afwerk. Hoekom sal jy dit aan jou liggaam doen net om Maandag gedehidreer te wees en te sukkel om weer 'in dit' te kom?”
LIGGAAMSPOSITIWITEIT
Een ding waaroor Menethe ook baie positief is en ’n punt van maak om op haar sosiale media platforms te deel, is liggaamspositiwiteit. Dit leer mense nie net om hulle liggame lief te hê nie, maar ook hulself as mens.
“Ek het baie gesukkel met onsekerhede oor my liggaam, hoofsaaklik omdat ek groter was as die ander persoonlike afrigters in die bedryf. Ek sou altyd anders na myself kyk, maar toe besef ek dat ek nie iets vir my kliënte en vir my atlete kan predik as ek dit nie self beoefen nie.”
Volgens Menethe het sy gesukkel om lief te wees vir haar liggaam nadat sy besluit het om op te hou met persoonlike afrigting en haar loopbaan ’n nuwe koers ingeslaan het.
“Ek moes leer hoe om my liggaam lief te hê, al was ek nie tevrede met waar dit destyds was nie.”
Baie mense sukkel met liggaamspositiwiteit en sosiale media kan gedeeltelik daarvoor geblameer word, sê sy.
“Mense kyk na iemand en dink hulle het alles bymekaar, maar jy weet nie regtig waarmee daardie persoon dalk sukkel nie. Dit is hoekom ek so openlik is op my profiel oor die goed waarmee ek sukkel.”
Menethe koppel ook liggaamspositiwiteit aan ’n persoon se geestesgesondheid en verduidelik dat negatiwiteit oor jou liggaam kan oorvloei na ander aspekte van jou lewe soos jou verhoudinge.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie