NWP ernstig oor bewaring
Tweehonderd veldwagters in diens
Namibia Wildlife Protection se veldwagters ontvang opleiding in onder meer die hantering van wapens, taktiese bewegings en spoorsny.
Katharina Moser – In kamoefleerdrag, swart stewels en ’n semi-outomatiese wapen in sy holster, is Marcus Jacobs soggens reg vir aksie.
Wat dalk na ’n militêre operasie klink, is in werklikheid die daaglikse roetine van ’n man met ’n missie: die beskerming van bedreigde wild teen stropers.
Jacobs is die hoofbestuurder van Namibia Wildlife Protection (NWP), ’n private sekuriteitsmaatskappy in Namibië, wat bedreigde wildspesies in Namibië teen stropers beskerm. Dit sluit in “hoë teikenspesies” soos renosters en olifante.
“Ons kan nie meer ons kosbare spesies sonder wapens beskerm nie. Ons wens almal vir ’n wêreld waar dit nie nodig is nie, maar die werklikheid is anders,” sê Jacobs wat sedert 2015 betrokke is by eenhede wat poog om stropery in die land hok te slaan.
Jacobs is sedert die begin van die Covid-19-pandemie die maatskappy se hoofbestuurder.
Die Namibiër Salmon Vermaak het NWP in 2017 gestig en die beskerming van renosters en olifante lê hom na aan die hart.
Hy het besluit om in renosters en olifante te spesialiseer en het nou op sowat 700 000 hektaar private landbougrond meer as 200 veldwagters in diens.
“Daar is ’n groot aanvraag na teenstropingseenhede in die plaaslike landboubedryf,” meen Vermaak.
Hy sê talle plase het hul eie teenstropingseenhede probeer stig, maar dit is glo onvolhoubaar.
“Dit is omdat die veldwagters met die ander plaas- en lodgewerkers meng, wat operasionele sekuriteit bedreig.
“Om teenstropingswerk uit te kontrakteer, is baie veiliger en meer doeltreffend,” het hy gesê.
Volgens Vermaak is dit ook te wyte aan die toerusting en die vlak van verantwoordelikheid wat sy veldwagters op hulself neem.
Die NWP volg die neiging van “militarisering in bewaring” wat deur talle lande in Afrika geïmplementeer word en daarom is al die veldwagters met semi-outomatiese wapens toegerus.
“Jy moet die verskillende soorte stropers verstaan. Eerstens is daar stropers wat onwettig jag vir vleis vir eie gebruik. Tweedens is daar kommersiële stropers wat snags met vuurwapens onwettig jag en vleis vir ’n wins verkoop. Beide is skadelik vir wild, maar nie ’n buitengewone bedreiging vir bedreigde spesies of vir ons veldwagters nie.
“Die derde soort is egter ’n groter probleem. Dit sluit in sindikate wat onwettig jag en wildprodukte van bedreigde spesies via gevestigde handelsroetes na die buiteland smokkel.
“Hulle is goed toegerus en bereid om oor lyke te loop. Ek sal nooit my veldwagters ongewapen die bos instuur om teen dié stropers op te tree nie,” sê Vermaak.
Hy sê sy veldwagters voer dikwels lokvalle uit en dat skote baie keer afgevuur word. Dit is egter glo net in uitsonderlike gevalle waar sterftes aangeteken word.
In die afgelope agt jaar het Vermaak se veldwagters slegs twee of drie stropers doodgemaak.
Jacobs, wat verantwoordelik is vir die opleiding van nuwe veldwagters, is ook oortuig van die belangrikheid van ’n militêre benadering.
“Alle teenstropingseenhede volg ’n militêre benadering. Dit is veral belangrik vir dissipline. Jy kan nie net wapens aan ‘hooligans’ uitdeel en vir hulle sê om asseblief die plaas te beskerm nie.”
’N BOSE KRINGLOOP
Een van NWP se uitdagings is dat die stropers voortdurend beter toegerus en beter ingelig word.
“Ons moet altyd tred met die stropers hou. Ons gebruik nou hommeltuie en selfs ’n girokopter op die plase,” sê Jacobs.
Die stryd teen stropers – hy noem dit ’n “oorlog” – is egter ’n bose kringloop: “Die probleem is dat ons net kan optree teen die klein mannetjie wat die renoster met ’n wapen nader, maar nie teen die sindikaat agter hom nie. As ons een stroper in hegtenis neem, neem ’n nuwe een sy plek in,” sê hy.
Slegs vier renosters is onder die wakende oog van veldwagters op NWP se kliënteplase gestroop sedert die maatskappy gestig is.
Die NWP sien hul werk as ’n belangrike bydrae in “die oorlog teen stropery”.
Veldwagters ervaar daagliks konfrontasies in die bos en sien die brutaliteit van stropery. Hulle het al dooie renosters, stropers en veldwagters gesien.
“As dit kom by stropery, het ek goeie nuus en slegte nuus,” sê Vermaak.
“Die slegte nuus is dat ons in die algemeen besig is om die stryd teen stropery te verloor. Enigiemand wat anders sê, wil nie die werklikheid aanvaar nie. Die goeie nuus is dat ons dit stadig verloor en met ons werk kan ons ten minste die remme aanslaan.”
NWP se veldwagters het in die afgelope jare agt stropers gevang en aan die polisie oorhandig.
“Die Strafproseswet in Namibië, waarvolgens ons as private individue optree, laat ons toe om iemand in hegtenis te neem as hulle ’n misdaad in ons teenwoordigheid pleeg, of as daar rede is om te glo dat hulle ’n misdaad gepleeg het. Dit stel ons in staat om stropers in hegtenis te neem,” verduidelik Vermaak.
“Die wet bepaal ook dat as die persoon arrestasie teenstaan, jy redelike geweld kan gebruik. Dit is al wat ons nodig het. Ons moet dan die stroper so vinnig as moontlik aan die polisie oorhandig,” sê hy.
Die NWP werk saam met die Blue Rhino-taakmag en die regering se eenheid vir beskermde hulpbronne, wat beide volgens Vermaak “uitstekende werk doen”.
KORRUPSIE EN OMKOPERY
Jacobs is egter ook oortuig daarvan dat korrupsie en omkopery in ander afdelings van die owerhede in die pad staan van pogings om stropery te bekamp.
“In my ervaring kies sekere afdelings van die polisie en weermag soms om anderpad te kyk of is selfs direk by stropery betrokke. Ek is seker dat sommige NDF-soldate onwettig jag en selfs die weermag se toerusting daarvoor gebruik,” beweer Jacobs.
Die afgelope jare was daar talle mediaberigte oor die betrokkenheid van polisiebeamptes, soldate en staatswildbewaarders by stroperysake.
Hy glo die enigste oplossing is ’n hoë teenwoordigheid van veldwagters op plase. Elke plaas waar die NWP aktief is, word deur minstens twee veldwagters bewaak en die aantal veldwagters neem toe in verhouding met die grootte van die plaas.
Die aanstelling van eksterne veldwagters is ’n duur proses vir boere.
Volgens Jacobs kos een NWP-veldwagter ’n boer meer as N$8 000 per maand.
Een beduidende probleem is die beskerming van die bedreigde swartrenoster. Om met hul beskerming te help, het NWP die Swartrenosterbeskermingsfonds gestig.
Hier kan buitelandse borge geld skenk om NWP te help om swartrenosters te beskerm. NWP bied ook ’n internasionale program aan vir vrywilligers wat as veldwagters opgelei wil word.
OPLEIDING
Volgens Vermaak ontvang al NWP se veldwagters opgelei in die hantering van wapens, taktiese bewegings, navigasie, spoorsny, wette en militêre dissipline.
Voordat NWP-werknemers as volwaardige veldwagters beskou word, ondergaan hulle ’n opleidingsfase van een jaar, wat met ’n twee weke lange intensiewe opleidingskursus begin.
Voor kandidate vir die opleiding kwalifiseer, ondergaan hulle ’n uitgebreide agtergrondondersoek en moet ’n polisieklaringsertifikaat indien. Hulle moet ook fiks wees, maar daar is ook die menslike faktor van vertroue.
Tydens die twee weke lange intensiewe oefenprogram, stuur Jacobs die kandidate om kilometers in warm middaghitte te hardloop en word hulle verder uitgedaag met verskeie oefeninge.
Tussen strawwe oefeninge, motiveer Jacobs ook sy kandidate.
“Die uniform is swaar, want om iemand te beskerm is ’n groot verantwoordelikheid wat swaar op ons skouers rus.
“Wanneer ons as veldwagters op ’n plaas werk, word dit ons plaas. Omdat ons dit beskerm, is ons verantwoordelik vir elke lewende wese op daardie grond.”
Benewens opleiding in terme van wapenhantering, noodhulp en spoorsny, is operasionele sekuriteit ’n belangrike deel van die opleiding.
Die voornemende veldwagters moet diskresie uitoefen om enige inligting oor renosters op die plase weg van die oë en ore van die publiek te hou.
Patrollieplanne, liggings van waarnemingspunte, die name van informante, die aantal en ligging van renosters, die aantal veldwagters, die grootte en kaarte van die plaas, radio-roepseine – dit is alles kritieke inligting wat veldwagters ten alle koste geheim moet hou om die renosters te beskerm.
Dit is glo nie ongewoon dat plaaswerkers of selfs veldwagters as informante vir stropers optree in ruil vir omkoopgeld – en inligting oor die renosters op hul eie plaas verkoop nie.
Drie maande ná ’n voornemende veldwagter met sy werk begin het, word hy dus aan ’n poligraaftoets onderwerp. Die veldwagter ontvang sy opleidingsertifikaat eers een jaar nadat hy met die opleiding begin het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie