Sam Nujoma: Ek onthou
Hoendervleisoomblikke was daar soveel.
Die dag byna 35 jaar gelede op 21 Maart 1990 toe Namibië amptelik en uiteindelik gebore is met die hys van haar splinternuwe vlag. Stigterspresident Sam Nujoma wat met ’n gebalde vuis in die volgepakte Onafhanklikheidstadion, omsoom met vlae van verskeie lande en gevul met van baie belangrike persone tot die man op straat, ’n nuwe era van onafhanklikheid ingelei het.
Die atmosfeer buiten vir in die stadion, maar ook in die optog met vlotte en honderde Namibiese vlaggies wat uit vensters en op balkonne en sypaadjies in vandag se Onafhanklikheidsrylaan gewapper het, was elektries.
Die hoendervleis het voortgeduur met die optrede van verskeie internasionale kunstenaars – ’n “heavy metal”-band uit Rusland wat die skare van duisende soos een massa op en af laat spring al het hulle geen idee gehad waaroor hulle sing nie. Sigi Marley se meesleurende reggae-klanke en sy pa se Redemption Song tot die sielvolle en emosiebelaaide My Black President van Brenda Fassie wat die trane laat stroom het en konsertgangers instinktief bymekaar laat inhaak en wieg het vir die koorgedeelte.
Geen kleur. Geen ras. Geen vrees. Saam was ons een.
Vandag word die sirkel voltooi en word in dieselfde stadion op ’n somber noot afskeid geneem en die man onthou wat alles 35 jaar gelede begin het. Saam ís ons een.
Natuurlik was Republikein ook deel van Nujoma se reis en deel ons graag ’n terugblik uit ons argiewe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie