Vir ’n wyle in hul skoene (Deel 3)
Die kronkelpad van kanker
Republikein stap vandeesmaand die pad saam met Namibiërs wat op welke manier ook al deur kanker geraak is.
Henriette Lamprecht – Ek het met my vrou getrou en nie met haar bors nie.
Kurt Bause se vrou, Ingrid, het in Januarie 2020 ’n mastektomie gehad, nadat borskanker by haar gediagnoseer is.
Maar dit bly jou vrou, jy het immers met haar getrou, sê hy.
“Help haar aan- en uittrek, hare was en kook. Dit maak jou nie minder van ’n man nie.
“Dit is nie vir altyd nie. Ons is deur dit en albei van ons lewe nog, niemand is dood omdat ek alles in die huis nie gedoen het nie,” vertel Kurt.
“Ek het myself voorberei dat sy meer depressief gaan wees, maar sy het dit aanvaar, wat dit vir ons makliker gemaak het.”
Hy hoor van mans wat wil weghardloop as hul vrou ’n mastektomie gehad het, “maar waarheen en hoekom?”.
“Ja, dit is moeilik as ek vir haar kyk, maar dit het gebeur en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie.
As ouers en grootouers het hulle ook besluit om nie hulself af te sonder nie.
“Dit help nie ons gaan nie meer na hulle toe nie, of sê hulle mag nie meer hier kom nie. Ons gaan net aan,” sê Kurt.
Ingrid erken in die eerste oomblikke van haar diagnose was die vraag “hoekom ek?”, maar “dan aanvaar jy dit en gaan aan”.
“Daar is niks wat jy kan doen nie. Ek en my man het baie gesels en is saam daar deur. My man het my baie gehelp. Hy het ingespring en hand bygesit waar hy kon.
“As jy nog werk, hou aan, beweeg vorentoe.
“Gaan aan met jou lewe. Moenie jouself onttrek en wegsluit nie.”
Skok, ongeloof, vrees en ’n behoefte aan soveel inligting as moontlik. Haar kankerdiagnose van Intermediêre Duktale Karsinoom In Situ (DCIS) het onwerklik gevoel en dit het haar getref hoe sterflik sy is, sê Lisa.
Aanvanklik het sy niemand vertel nie en in haar normale “skilpaddop” onttrek, totdat die diagnose en behandeling bevestig is. ’n Mastektomie is voorgestel, maar sy het op ’n lumpektomie en bestraling besluit. Covid-19 was nog ’n donker skaduwee en voor chirurgiese prosedures moes sy eers negatief toets, anders is dit uitgestel.
Besluite moes vinnig geneem word wat druk op haar geplaas het, sê Lisa, maar sy het nogtans haar tyd geneem om navorsing te doen oor wat die regte behandeling vir op emosionele sowel as fisieke vlak sou wees. Sy het ook met vier kankeroorwinnaars oor hul reis en behandeling gesels.
“Selfsorg, stap en swem het my gemoed geweldig gelig. Ek is ’n sterk voorstander van die krag van serotonien om jou gemoed te lig.”
Elke vrou behoort ná die ouderdom van 40 jaar jaarliks vir ’n mammogram te gaan, maan Lisa. Ken ook jou familie aan beide ouers se kant se gesondheidsgeskiedenis.
“Moenie dat enigiemand druk op jou plaas om lewensveranderende besluite te neem nie. Kies van die begin af die beste span spesialiste om jou en die Namibiese Onkologiesentrum is volgens my die beste beginpunt”.
Kry ’n tweede opinie vir jou eie gemoedsrus en gesels met mense wat dieselfde pad gestap het.
“Ondervinding is altyd die beste leermeester!”
En, sê Lisa, kry ’n bra wat voor vasmaak!
Sy het geleer die lewe is kort en kosbaar en elkeen is alleen wanneer hy of sy ’n lewensveranderende besluit moet neem. Sy het die krag van inligting besef en dat woorde nie leer nie.
“Ek het geleer jy moet vir jouself net soveel soos vir ander sorg. Ek het geleer om sterk te wees en nie te hard op myself nie. Ook hoe ek uiterste situasies verwerk en hoe ek my ‘witjas-angs’ beter kan bestuur.”
Janine Kannemeyer is in Maart 2020 gediagnoseer toe Covid-19 ook sy eerste verskyning in die land gemaak het. Sy het haar dokter aanvanklik vir angstigheid besoek en sy het ook ’n papsmeer en mammogram aanbeveel.
“Ek het geen vrees gehad nie en geglo alles is wel,” vertel sy.
Haar dokter het die volgende dag by die skool waar sy ’n onderwyseres is, laat weet sy moet haar dringend kom sien.
“Ek het onmiddellik angstig gevoel, jy dink dadelik aan die ergste,” erken sy.
Ná haar diagnose het die vrae begin. Hoe, wat en hoekom. Twee maande later het sy met bestraling begin.
Sy het baie met haar susters gedeel en gebid, maar wanneer sy alleen was, het sy baie gehuil, sê Janine.
Sy erken die pad was by tye eensaam en het dit gevoel ander verstaan nie. Sy het egter ’n skouer en ’n vriendin gevind in Valencia Dentlinger wat haar deurgaans met van ’n boodskap tot ’n oproep ondersteun het.
“My onkoloog was ’n ligstraal. Sy spreekkamer is vol Bybeltekse en sy positiwiteit laat jou sommer beter voel.”
Haar operasie was traumaties. Met Covid-19 kon dr. Justus Appfelstaedt nie na Namibië reis en moes ’n plaaslike chirurg dit uitvoer. Haar man kon haar ook nie vergesel nie en kon haar net vroeg die oggend by die hospitaal aflaai.
“Die dik naalde en ‘screens’ was vreeslik. Ná twee dae is ek met dreinerings ontslaan wat ek self moes skoonmaak.”
Met God, “my Rots” en Sy genade het sy egter oorwin.
“Jy voel Sy genade en liefde ten spyte van die seer en pyn.”
Met die terugkyk, besef sy hoe belangrik gesondheid is, sê Janine.
“Met die wêreld se geld kan jy niks doen as jy nie gesond is nie.”
Wanneer jy deur siekte en pyn gaan, besef jy ook wie jou ware vriende is.
“Leer om ‘nee’ te sê en gun jouself tyd. Doen dinge wat vir jou lekker is.”
Sy raai vroue aan wat dieselfde pad stap om te bid en te glo. Praat met jou dokter en onkoloog oor dinge waaroor jy onseker is. Praat met iemand wat ook hierdeur is vir ondersteuning, al is elkeen se pad anders.
“Gaan gereeld vir jou toetse en maak jou gesondheid jou eerste prioriteit, jy is dit aan jouself verskuldig.”
Sy is vir die eerste keer in 2016 met fase een kanker gediagnoseer, maar het dit geïgnoreer, erken Barbara Potgieter.
Twee jaar later tydens ’n mammogram het die tumor na fase drie vergroot. Sy ontvang vir ses maande chemoterapie, waarna sy vir ’n dubbele mastektomie en rekonstruksie in die Kaap gaan.
Barbara ontvang ook bestraling en vroeër vanjaar wys skanderings, mammogram en bloedtoetse sy is “skoon”.
Haar absolute geloof in die Here, positiewe ingesteldheid, wonderlike sin vir humor en fantastiese ondersteuning van haar geliefdes het haar elke keer deurgedra, sê Barbara.
Sy is tans besig om ’n boek oor haar reis in Duits en Engels te skryf.
“Ek glo daaraan om jou gevoelens neer te skryf en te deel om ander te help wat deur dieselfde reis moet gaan. Ek wil 10% van die wins dan aan die Kankervereniging skenk.”
Moet nooit die lewe as vanselfsprekend aanvaar nie, maan Barbara. Wees dankbaar, tel jou seëninge en dank God elke dag. Gee liefde en laat toe dat jy liefde ontvang.
“Dit is oukei om hartseer, kwaad en emosioneel, maar ook gelukkig en dankbaar te voel. As jy eerlik is oor jou gevoelens, net dan kan ons die ware ondersteuning kry wat ons nodig het. Niemand het nodig om die hele tyd sterk te wees nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie