Aand vir presteerders in The Dome

Sporttoekennings 2023
Die Erongostreek kry in November geleentheid om twee nasionale spoggeleenthede aan te bied.
Limba Mupetami
Die vierde Namibië Sport Ekspo asook die Namibiese Sporttoekennings vir 2023 sal beide op Swakopmund aangebied word.

By gister se bekendstelling deur die Namibiese Sportkommissie is aangekondig dat die Ekspo oor drie dae (25-277 Oktober) by The Dome gehou sal word, met die tema “High Performance Sports in Africa”.

By dieselfde venue sal die 19de Namibiese Sporttoekennings die volgende aand met die tema “Celebrating Sporting Excellence” aangebied word.

Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Sportkommissie (NSC) het gesê die beplanning het daartoe aanleiding gegee dat die twee verwante en aanvullende geleenthede op dié manier gesamentlik gehou word. Hy het die sakegemeenskap aangemoedig om die geleenthede te ondersteun.

“Vir die Sporttoekennings is die meeste van ons gevestigde sakereuse opnuut betrokke om by te dra dat ons die land se spogatlete vir die laaste jaar se prestasies kan beloon.”

Hy het Namibiërs krediet gegee dat hulle op internasionale sportgebied nie net meer deelneem nie, maar aanbeweeg het om ’n kompeterende nasie te wees.

“In dieselfde mate, om te verseker dat ons sportbedrywe groei, is daar ’n nodigheid dat die beskikbare aktiwiteite en dienste van sportver-skaffers in die openbaar bekend is – vandaar die kollig wat by die Ekspo by The Dome gebied word.”

Nie minder nie as vier federasies het bevestig dat hulle internasionale toernooie ten tyde van die Ekspo gaan aanbied, naamlik die Namibiese Skaakfederasie, Namibiese Skopboks, die Namibiese Inlynskaatshokkie en die Namibiese Boogskietfederasie.

Voornemende uitstallers kan met [email protected] kontak maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!