Aandag op La Cock as ’n WB-kroonprins
Krieket
Wêreldkrieket het die afgelope jare talle jong spelers op die toneel gesien bars en die komende 2022 T20 Wêreldbeker in Australië bied ’n platform vir die volgende generasie om ’n groot indruk te maak.
Met vier ICC assosiaatspanne (Namibië, Nederland, Skotland, Verenigde Arabiese Emirate) by die Wêreldbeker, word die aandag gevestig op vyf moontlike sterre jonger as 23 wat gereed is om in Australië hul hand op te steek.
Die Aussie-joernalis Daniel Beswick, in ’n berig vir www.icc-cricket.com, reken Divan la Cock (19) van Namibië is een van die aangewese jong kroonprinse. Nog twee is van die Verenigde Arabiese Emirate – teen wie die Eagles volgende week swaarde kruis.
La Cock het nog net in drie T20i- en agt internasionale eendagwedstryde gespeel. Hy het sy debuut in Mei vanjaar in die wenreeks teen Zimbabwe in Bulawayo gemaak waar hy in drie T20i’s 89 lopies van 73 balle in drie kolfbeurte geslaan het.
Sy hoogste telling was 66, met ’n treftempo van 121.9 persent. Sy ingesteldheid en vermoë om vroeg in sy kolfbeurt aanvallende houe te speel, kan ’n beduidende rol in die Eagles se aanslag in Australië speel. Sy kort T20i-loopbaan sover bevat sewe viere en vyf sesse.
Hy is ’n staatmaker vir WHS Old Boys in Krieket Namibië se premierliga waar hy ook ’n gerekende draaibouler is.
Beswick skryf: “Dit kan moeilik wees om jou deurbraak te bewerkstellig terwyl jou span ’n goue era beleef, maar La Cock het die potensiaal om Namibië na nuwe hoogtes te neem.”
“Hy het in Oktober 2020 in die Richelieu franchise T20-eindstryd op die toneel gebars. Op ’n moeilike United-kolfblad in Windhoek in ’n jaagtog na 201 vir ’n sege, het La Cock (toe 17) sy skitterende 123* van net 59 balle met 11 sesse gemoker, teen vier senior Namibiese internasionale boulers (Gerhard Erasmus, Karl Birkenstock, Bernard Scholtz en Nicol Loftie-Eaton). Boonop het hy 1/32 met sy draaiboulwerk aangeteken.
“La Cock het soortgelyke indruk met sy T20i-debuut gemaak. As aanvangskolwer teen Zimbabwe het hy vyf sesse oor die grenstou laat vlieg om 66 (43 balle) en die Eagles se toptelling te behaal.
“Ná Namibië se topkolwers se onvermoë verlede jaar by die T20 Wêreldbeker in die Emirate om vinnig lopies tydens die kragspel te slaan, kan La Cock straks die oplossing wees. Die Eagles sal daarna streef om opnuut die Super 12 te haal en dan op hul vertonings teen die grotes te verbeter.”
VRIITYA ARAVIND (20), EMIRATE
Aravind is paaltjiewagter en kolf op enige plek in die topvier. Hy het in 22 internasionale T20’s (T20i) 488 lopies (18 kolfbeurte) van 367 balle teen gemiddeld 30.5 per kolfbeurt geslaan.
Sy hoogste telling is 97* en hy spog met ’n lopietempo van 132.9% wat 46 viere en 15 sesse insluit. Afgesien van sy krag in die kortste formaat, het hy ook in Maart sy land ’n eendagwedstryd teen Namibië op die berugte stadige Sharjah-kolfblad met 115 van 76 balle gehelp wen.
KARTHIK MEIYAPPAN (22), EMIRATE
Meiyappan is ’n draaibouler wat in 11 T20i’s 17 paaltjies vir 260 lopies in 36 boulbeurte (gemiddeld 15.2 per paaltjie) gevat het. Sy beste vertoning is 4/25, maar sy ekonomie is ietwat duur teen 7.22 per boulbeurt. Nadat hy in 2019 sy T20-debuut vir die Emirate as 19-jarige gemaak het, het hy vanjaar in sewe T20i’s (11 paaltjies) en twee ODI’s gespeel.
BRANDON MCMULLEN (22), SKOTLAND
Die lenige Suid-Afrikaans gebore veelsydige speler het eers Maandag in ’n oefenwedstryd in Australië sy T20-debuut vir Skotland teen Nederland gemaak en het nie kolf- óf boulkans gekry nie. Voor hy hom in Skotland gevestig het, het hy in 2019 vir die o.19-Kwazulu-Natal akademiespan teen Pakistan gespeel.
BAS DE LEEDE (22), NEDERLAND
De Leede is ’n volbloed veelsydige speler. Hy het in 23 T20i’s (20 kolfbeurte) 517 lopies van 459 balle teen gemiddeld 34.4 per kolfbeurt geslaan. Sy hoogste telling is 91* en hy spog met ’n treftempo van 112 persent danksy 38 viere en 17 sesse.
Twee T20-vyftigtalle teen Nieu-Seeland wys wat hy kan doen.
As bouler het hy 14/280 in 34 boulbeurte geneem. Sy beste syfers is 2/11 en sy ekonomie 8.23.
De Leede het vanjaar agt paaltjies in ses T20i’s laat kantel. Sy span speel Dinsdag teen Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie