Absolute bulstryd wag teen Kenia
Rugby
Die gasheerspan Kenia en Namibië kan nie verdra om teen mekaar te verloor nie.
Die nuutste veldslag tussen twee trotse nasies en aartsvyande op die rugbyveld breek vanmiddag uit wanneer hulle mekaar in die semifinaal van Rugby Afrika se Barthés Onder 20-toernooi in Nairobi takel.
Kenia, die titelhouer van 2019 en 2021, word opgeweeg teen Namibië, wat vanaf 2013 tot 2018 die kompetisie met ’n ystervuis oorheers het en brand om dié status in ere te herstel.
Op dag een van die 2022-toernooi het dié twee lande se jongspanne opnuut die uitstaande vertonings gelewer, toe Namibië ’n wentelling van 62-0 teen Ivoorkus opgestapel het, voordat Kenia sy buurland Uganda met 54-20 ondergekry het.
Afrigter Chrysander Botha sê in die span se voorbereiding op en van die veld sedertdien is hard gewerk om die kreukels uit te stryk en veral die aanvallende bedreiging teen te werk wat Kenia in sy openingswedstryd uitgestal het.
Botha (33), die Namibiese rekordhouer met 28 toetsdrieë (55 toetse), praat met ontsag van die Oos-Afrikane se vertoning teen Uganda.
“Kenia is gestruktureerd en goed georganiseer. Hulle beskerm hul balbesit baie goed. Hul baldraers storm hard en fisiek in. Hulle stel die losbal goed beskikbaar en hul agterspelers het spoed en ’n natuurlike flair.
“Ons het sedertdien hard gewerk aan die spoed waarteen ons verdedigingslyn opbeweeg, om hul spasie te beperk en hul vaardighede onder druk te plaas. Dit is belangrik dat ons vir 60 tot 80 minute op ons beste sal moet bly in ons een-op-een verdediging.”
Hoewel Namibië tien drieë teen Ivoorkus gedruk het, sê Botha die aanvalspatroon was baie los. Die span se tegniese en taktiese benadering sal egter verander om meer bedag te wees om die regte soort rugby in die regte gebiede van die veld te speel, sê hy. Dié wysiging word ook in die veranderinge in die agterlyn weerspieël, terwyl die agttal ongeskonde bly.
Raschano van Rooi begin in die 10-trui in die plek van Maans Steenkamp, terwyl Jonathan Hanekom as regtervleuel vir Quirione Majiedt vervang.
As gasheerspan sal die Keniane in Nairobi altyd op ’n opgesweepte en luidrugtige skare ondersteuners kan reken.
NAMIBIË O.20 (teen Kenia o.20):
15 Geraldo Beukes
14 Jonathan Hanekom
13 Niel Holtzhausen
12 Patrick Karsten
11 Owen Hawanga
10 Raschano van Rooi
9 Oela Blaauw (kaptein)
8 Riaan Grové
7 Alexander Jansen
6 Ray-Eez Feris
5 Gregory Namaseb
4 Conwill Draghoender
3 Filippus Iyambo Tshuuya
2 Friedrich Grobbelaar
1 Jano Otto
Reserwes: 16 Franko Pearson, 17 Bernd Beddies, 18 Feliciano Lucky Mauha, 19 Henri Rossouw, 20 Darren Beukes, 21 Brian Bayer, 22 Adriaan (Maans) Steenkamp, 23 Quirione Majiedt.
• VANDAG se wedstrydskedule (afskop in Namibiese tyd; spanne se vooraf ranglysposisie tussen hakies):
08:00 Ivoorkus (6) teen Uganda (8)
10:30 Tunisië (4) teen Zambië (7)
13:00 Namibië (3) teen Kenia (1)
15:30 Zimbabwe (5) teen Madagaskar (2)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie