Afcon: Elke Namibiër mag droom
Sokker
Die Brave Warriors word steeds as buiteperde beskou teen Angola wat sover beïndruk het.
Geskiedenis is reeds gemaak met die land se heel eerste kwalifisering vir die uitklopfase van ’n Afrika Nasiebekertoernooi, maar hoe ver kan afrigter Collin Benjamin en sy manne nou vorder?
Die kontinentale sokkerskouspel se rondte-van-16 begin Saterdagaand met die uitklopstryd tussen die buurlande Namibië en Angola, wat beide vir die eerste keer verder as die groepfase gevorder het.
Sokkergeesdriftiges se entoesiasme oor die Tafel Lager Brave Warriors se vooruitsigte het opnuut vlamgevat sedert Woensdagaand se 0-0 gelykopuitslag teen Mali, wat genoeg was vir Namibië om sy verdere deelname te verseker op grond daarvan dat hy een van die beste geplaaste derde spanne uit enige groep is.
Teen die gedugte topspan in Groep C, Mali, het die Namibiërs Woensdagaand met ’n stewige vertoning op die verdediging die spoke verdryf wat sedert hul 0-4 nederlaag teen Suid-Afrika geppla het.
“Toe ons ’n paar weke gelede hier aangekom het, het niemand in ons geglo nie. Daar is gesê ons is te klein. Maar ons het gewys ons is sterk,” het Benjamin agterna gesê.
“Dit is die boodskap wat ek en my spelers vandag uitgestuur het. Laat elke Namibiër toe om drome te droom. Drome word vir enigeen toegelaat, maar jy moet werk om die droom te bewaarheid.
“Ek hoop die mense tuis is ewe trots om Namibiërs te wees”
Die vleuel Deon Hotto, wat vir die tweede keer in die toernooi as speler van die wedstryd bekroon is, het sy spanmaats geprys ná die wedstryd teen Mali waarin min betekenisvolle doelkanse aan beide kante geskep is.
“Dit was nie maklik nie. Ons het geweet ’n gelykopuitslag sal voldoende wees, maar ons het tot die laaste minuut, tot die eindfluitjie, aangehou veg. Hierdie kwalifisering beteken vir Namibië baie,” het die bekroonde ster van Orlando Pirates gesê.
Volgens hom het die Brave Warriors se selfvertroue algaande toegeneem – en hulle sal dit na die stryd teen Angola oordra.
Beide Angola en Namibië was gereeld in onlangse Cosafa-toernooie betrokke, hoewel hulle nie sedert 2011 teen mekaar gespeel het nie. Hoewel Angola as die gunsteling beskou word, sal Collin Benjamin en sy afrigterspan ’n plan uitgewerk hê.
Afgesien van die ramp tydens Bafana Bafana se kliniese 4-0 meesterklas het Namibië sover stewig gelyk.
Angola het beïndruk deur boaan Groep D te eindig met ’n 1-1 uitslag teen Algerië en oorwinnings teen Mauritanië (3-2) en Burkina Faso (2-0). Agostinho Cristóvão Paciência, bloot bekend as Mabululu, ’n voorspeler vir Al Ittihad in die Egiptiese premierliga, het sover twee van sy span se ses doele bygedra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie