AFCON spelersprofiel: Lloyd Kazapua

Sokker
Jesse Kauraisa
Lloyd Junior Jaseuavi Kazapua was een van Namibië se helde by die 2019 Afrikabeker. Die doelwagter bly een van Collin Benjamin se eerste keuses en ’n senior figuur in die nasionale span wat aan die komende 2023 Afrikabeker-toernooi in die Ivoorkus sal deelneem.

Hy het die eerste keer in 2011 ’n voorsmaak van premierliga-sokker gekry toe hy hom by African Stars aangesluit het, ná indrukwekkende vertonings op die laer vlakke van Namibiese sokker.

Kazapua het van 2011 tot 2013 vir die rooies gespeel. Hy het toe na Tigers FC aanbeweeg, vir wie hy van 2013 tot 2015 verteenwoordig het. Dit was in dié tyd dat hy die eerste keer na die nasionale span ontbied is ná ’n indrukwekkende premierliga-seisoen.

In 2015 het hy besluit om terug te keer na African Stars, waar hy nog drie jaar gespeel het voordat hy deur Highlands Park in Suid-Afrika betrek is. Sy tyd daar was egter van korte duur en die doelwagter het van 2018 tot 2019 by Maccabi FC aangesluit.

Hy het gedurende die 2019-2020-seisoen ’n draai by Baroka FC gemaak voordat hy kortstondig na Cape Umoya United verhuis het. Kazapua het hom toe by Chippa United aangesluit, vir wie hy dikwels merkwaardige keerwerk gelewer het.

Naam: Lloyd Kazapua

Posisie: Doelwagter

Ouderdom: 34

Gebore: 25 Maart 1989, Windhoek, Namibië

Plek van herkoms: Otjombinde

Lengte: 1,88 m

Huidige klub: Chippa United

Vorige klubs: African Stars, Tigers FC, Highlands Park (RSA), Maccabi FC (RSA), Baroka FC (RSA), Cape Umoya United (RSA).

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!