CAPTAIN OF THE SHIP: Namibian footballer Peter Shalulile. PHOTO: FILE
CAPTAIN OF THE SHIP: Namibian footballer Peter Shalulile. PHOTO: FILE

Afcon spelersprofiel: Peter Shalulile

Sokker
Limba Mupetami
’n Naam in Afrika-sokker wat toenemend met doeltreffendheid en pure vasberadenheid vereenselwig word, is die Namibiese kaptein Peter Shalulile.

Die 30-jarige voorspeler, gebore en getoë in Windhoek, het reeds ’n roemryke loopbaan uitgekerf wat sy internasionale prominensie laat styg het.

Sy reis as professionele sokkerspeler het by Tura Magic begin (nou bekend as Ongos FC) toe dié klub nog in Khomas se tweede liga gespeel het. Shalulile het ’n deurslaggewende rol vervul om hul bevordering tydens die 2011-2012 seisoen te verseker.

Sy merkwaardige opgang het tot insluiting in die Namibiese o.20-groep en bevordering tot die senior Brave Warriors gelei.

’n Eerste hoogtepunt was in 2015 as lid van afrigter Ricardo Mannetti se wenspan van Namibië se eerste Cosafabekertrofee in Suid-Afrika.

Die talentvolle voorspeler het hom by Highlands Park aangesluit en hulle vanaf die Suid-Afrikaanse tweedeliga na die premierliga voortgedryf. Sy doeltreffendheid het nie ongesiens verbygegaan nie en Mamelodi Sundowns het sy dienste halfpad deur die 2019-2020-seisoen vasgeknoop. Shalulile het dié seisoen as die gesamentlike voorste doelskieter saam met Gabadinho Mhango van Orlando Pirates afgesluit.

ERKENNING

Shalulile se tyd by sy huidige klub Sundowns is reeds niks minder as skouspelagtig nie. Sy string individuele eerbewyse sluit in die gesogte Premierliga Sokkerspeler van die Jaar (2020-’21), Premierliga Voorste Doelskieter (2020–’21 asook 2021-’22), Premierliga Speler van die Seisoen (2021–22) en Premierliga Spelers se Speler van die Seisoen (2021-’22).

Namate die huidige 2023 Afrika Nasiebeker (Afcon) in Ivoorkus ontvou, sal Namibië se sterspeler Shalulile, wat ’n indrukwekkende 16 doele vir die Brave Warriors aangeteken het, ’n belangrike bate bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!