Affies en Gim wys veggees by Vegkop
Skolerugby
Vier skolespanne uit die Namibiese hoofstad het meegeding met vier toerspanne van die RSA.
Die jong eerstespan van Autohaus Windhoek Affies het Woensdagaand beïndruk met ’n onverwagse oorwinning van 21-15 teen die UXi Westelike Provinsie-rugbyakademie se span by die Momentum-uitnodigingstoernooi.
“Die Kaapse span het aanvanklik ’n paar ongedwonge foute gemaak, maar hulle het sterk druk toegepas en was oor die doellyn vir ’n drie wat nie toegeken is nie.
“Affies, met ’n hele klomp 16- en 17-jariges, het die vorige dag hul openingswedstryd verloor, maar het kopgehou en die druk verwerk en het die punte aangeteken wat beskikbaar was. Die seuns asook Johan Zaayman (afrigter) kan baie tevrede voel met dié poging, wat vir hulle baie sal beteken voor die Standard Bank-premierliga binnekort hervat,” was die opsomming van Dirk Human, kommentator en klubafrigter van FNB Wanderers.
Walter Otto, slot van Namibië by die o.18 Akademieweek, het met ’n besige vertoning as flank die toekenning as speler van die wedstryd verwerf.
In ander wedstryde het Samsung WHS se losskakel Cayden Moller twee blink speler-van-die–wedstryd-vertonings gelewer in hul seges op dag een en twee. Sy span sou gisteraand teen die ander onoorwonne span, Paarl Boys High III, opgeweeg word.
Windhoek Gimnasium, sonder sy losskakel JW Visagie wat vir die Namibiese o.19-kriekettoer voorberei, het eers gistermiddag sy swaarverdiende eerste oorwinning van die toernooi gevier, teen UXi-akademie.
Met ’n feestelike Barbarian-wedstryd vanmiddag (afskoptyd 16:45) bied die Momentum-toernooi ’n ligter geleentheid tussen twee gekeurde spanne uit die spelers wat dié week die WHS Vegkopstadion aan die brand gespeel het, voor Saterdag se eindstryde.
Die uitsoekspanne:
Fly Namibia Jets: 15 Leithan Rhodes (UXi), 14 Sphesihle Skosana (HTS Middelburg), 13 Junior Malaza (UXi) , 12 JP Rix (Whk Affies), 11 Curtis Jacobs (Saul Damon), 10 Zander Erasmus (HTS Middelburg), 9 Liam van Rooyen (Whk Affies), 8 Andre Beukes (Uxi), 7 Luca Harmse (HTS Middelburg), 6 McHenry Kambatuka (WHS), 5 Nicolai January (WHS), 4 Henry Otto (WHS), 3 Joshua Fritz (UXi), 2 Elia Nehemia (HTS Windhoek), 1 Gianluca Savoldelli (Whk Affies).
Plaasvervangers: 16 Toy Engelbrecht (HTS Middelburg), 17 Keiran Andrew (WHS), 18 Kagiso Gumby (HTS Middelburg), 19 Wian van Zyl (WHS), 20 Oshea Strauss (HTS Windhoek), 21 Jayden Cloete (WHS), 22 Jaque Stassen (HTS Middelburg).
Momentum Rhinos: 15 Jezreel Brown (Whk Affies), 14 Kutloana Seabela (HTS Middelburg), 13 Johnny Dos Santos (HTS Middelburg), 12 Gerrie Gendall (HTS Middelburg), 11 Alejandro Morkel (WHS), 10 Ashta Plaatjies (UXi), 9 Darius Buitendach (HTS Middelburg), 8 Michael Owen-Miller (HTS Middelburg), 7 JD Gouws (UXi), 6 Walter Otto (Whk Affies), 5 Sam Ndwandwe (HTS Middelburg), 4 Kistings Minyoi (HTS Windhoek), 3 Joshua Bester (WHS), 2 Delano van den Berg (Whk Affies), 1 Orville Freygang (HTS Windhoek).
Plaasvervangers: 16 Xavier Louw (WHS), 17 Hendrik Nel (HTS Middelburg), 18 Zander van Wyngaardt (Whk Affies), 19 Thibini Bubele (UXi), 20 Jed Bekker (WHS), 21 Heinrich Knicklebein (UXi), 22 Franklyn Snyders (HTS Windhoek).
• Vandeesweek se uitslae:
GISTER (teen druktyd)
Windhoek Gimnasium 39-35 UXi WP-akademie. Rustyd 22-23. Speler van die wedstryd: Ruan Agenbag (Gimmies agtsteman).
Windhoek Affies 59-0 Saul Damon (Upington). Rustyd 12-0. Speler van die wedstryd: Shellano Bester (Affies).
WOENSDAG
Windhoek Affies 21-15 UXi Academy (WP). Speler van die wedstryd: Walter Otto (Windhoek Affies flank).
HTS Windhoek 44-7 HTS Middelburg. Speler van die wedstryd:
Windhoek Hoërskool 62-0 Saul Damon. Speler van die wedstryd: Cayden Moller (WHS losskakel).
DINSDAG
HTS Middelburg 39-7 Windhoek Gimnasium (rustyd 17-7).
Paarl Boys High 33-5 Windhoek Affies (rustyd 7-0).
UXi Academy (WP) 64-19 HTS Windhoek (rustyd 42-7).
MAANDAG
HTS Windhoek 39-7 HS Saul Damon (rustyd 24-0). Speler van die wedstryd: Orville Freygang, stut van HTS Windhoek.
Paarl Boys High 29-12 Windhoek Gimnasium (rustyd 17-8). Speler van die wedstryd: Luke Swarts (Paarl Boys High).
Windhoek Hoërskool 27-25 HTS Middelburg (rustyd 19-10). Speler van die wedstryd: Cayden Moller (WHS losskakel).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie