Affies en St. Paul’s juig oor toernooiseges
Skolehokkie
Met ’n allemintige 34 doele in vyf wedstryde en net ’n enkele treffer vir hul teenstanders het St. Paul’s College se eerste meisieshokkiespan Vrydag en Saterdag as die oorheersende kampioen in die gesogte Kom en Haal-toernooi (gespeel sedert 1975) afgesluit.
Terselfdertyd het sewe skole se eerste seunspanne mekaar in die ewe tradisieryke Doc-Jubbertoernooi (sedert 1973) getakel – waar Windhoek Afrikaanse Privaatskool vir die eerste keer in sy geskiedenis die wentrofee omhoog gehou het.
WAP (23 punte) en Windhoek Gimnasium (20 punte) het sake in die seunstoernooi oorheers, met St. Paul’s derde (13). Die verdedigende kampioen Windhoek Hoërskool en Pro-Ed Akademie moes met die gesamentlike vierde plek tevrede wees (6 punte elk), voor Walvisbaai Privaat Hoërskool (3) en Etosha (0).
“WAP en Gimnasium het uitstekende, aanskoulike hokkie gespeel en gewys dat hulle die spanne is wat in die komende liga geklop sal moet word. WAP en Gimnasium het gewys dat hulle waardig is om ondersteuning te kry met hul planne om na die groter skoletoernooie in Suid-Afrika te gaan toer,” sê mnr. Johann Weyhe, ’n hooforganiseerder en afrigter van ’n jonger as gebruiklike WHS-span.
“’n Mens kon sien die seuns is honger om hokkie te speel en het die toernooi baie geniet. Selfs die Tsumeb-span se vordering het my beïndruk. Hulle doelwagter het baie potensiaal as hy aanhou hokkie speel.”
AFGERONDE MEISIESKAMPIOEN
Vir die St. Paul’s-meisies was hul triomf die skool se eerste sedert 2006, met die titelhouer van 2019 WHS wat die silwermedaljes behaal het.
Vir hul afrigter Melissa Gillies was die sukses geen verrassing nie.
“In ons groep van 18 is net minder as die helfte vanjaar in graad 12. Ons het dus ’n rykdom en ervaring en spelers wat mekaar se spel reeds oor jare leer ken het. Die patrone en vloei in ons spel is dus reeds goed gevestig.
“Die jongelinge in ons span het ook hul standaard gelig en voordeel getrek uit die selfvertroue van die senior spelers.
“Die 34 doele teen een was vir my ’n bevredigende kombinasie van doele in gewone spel, asook vanaf strafhoeke.
“Ons strafste teenstand was van WHS, wat baie stewig verdedig het en ons gedwing het om meer geduld aan die dag te lê in ons opbou van bewegings. Ons moes seker maak dat ons betekenisvol tot in die doelsirkel kon vorder.
“Ons almal is dank verskuldig aan me. Bianca Rheeder wat die meisiestoernooi help reël het. Ondanks die koue naweek was die byeenkoms ’n groot sukses.”
Die volledige uitslae:
DOC JUBBER-toernooi vir seunspanne
Walvisbaai PHS 4-1 Etosha
Gimnasium 5-0 Pro-Ed Akademie
WHS 0-6 Windhoek Affies
Etosha 1-6 St. Paul’s
Walvisbaai PHS 0-8 Whk Gimnasium
WHS 0-1 Pro-Ed Akademie
Whk Gimnasium 0-1 Windhoek Affies
Windhoek Affies 10-0 Etosha
St. Paul’s 1-0 Pro-Ed
WHS 2-0 Walvisbaai PHS
Whk Gimnasium 10-0 Etosha
Windhoek Affies 6-0 St. Paul’s
Pro-Ed Akademie 1-0 Walvisbaai
WHS 0-6 Whk Gimnasium
Pro-Ed 0-0 Etosha
Walvisbaai PHS 0-10 Windhoek Affies
St. Paul’s 2-9 Whk Gimnasium
WHS 1-0 Etosha
Windhoek Affies 7-1 Pro-Ed Akademie
Walvisbaai PHS 0-3 St. Paul’s
KOM EN HAAL-toernooi vir meisies
Pro-Ed Akademie 0-3 Whk Gimnasium
Pro-Ed Akademie 0-10 St. Paul’s
Pro-Ed Akademie 2-1 Walvisbaai PHS
Pro-Ed Akademie 0-0 Windhoek Affies
Pro-Ed Akademie 0-4 WHS
St. Paul’s 1-6 Whk Gimnasium
Walvisbaai PHS 0-6 Whk Gimnasium
Windhoek Affies 0-0 Whk Gimnasium
Windhoek Affies 0-0 Whk Gimnasium
St. Paul’s 10-0 Walvisbaai PHS
St. Paul’s 6-0 Windhoek Affies
St. Paul’s 2-0 WHS
Walvisbaai PHS 0-1 Windhoek Affies
Walvisbaai PHS 0-4 WHS
WHS 2-0 Windhoek Affies

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie