Afgedank by Waratahs; neem Crusaders se leisels
Rugby
Rob Penney is as die volgende hoofafrigter van die Canterbury Crusaders aangewys.
Dit kan as ’n merkwaardige herlewing vir die Nieu-Seelander beskryf word nadat hy twee jaar gelede deur die Nieu-Suid-Wallis Waratahs gepos is.
Penney, ’n voormalige hulpafrigter by die Crusaders, sal groot skoene moet volstaan wanneer hy Scott Robertson in Augustus vervang, die man wat Superrugby se suksesvolste span tot ses titels in die afgelope ses seisoene gebrei het.
Robertson verlaat die Crusaders om ná afloop van die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk die leisels by die All Blacks te neem.
“Die Crusaders-franchise het ’n sterk geskiedenis en ’n rekord van sukses en uitnemendheid wat betref vertonings op die veld asook kultuur van die veld af. Ek is dus opgewonde om myself in daardie omgewing in te grawe,” sê die 59-jarige Penney.
Die Crusaders het ook bevestig dat die voormalige All Black-flank Matt Todd as ’n hulpafrigter betrek is en hy sal hom by Tamati Ellison, Dan Perrin en James Marshall op Penney se personeel aansluit.
Penney, ’n staatmaker van Canterbury-rugby, het die provinsiale span van 2008 tot 2011 met Robertson as sy assistent tot vier opeenvolgende nasionale titels gebrei.
Die voormalige Nieu-Seelandse o.20-afrigter het by die Ierse klub Munster en in Japan diens gedoen voordat hy sy landgenoot Daryl Gibson in 2019 as hoofafrigter van die Waratahs vervang het.
Die Waratahs, te midde van ’n herbouproses, het in ’n 2020-seisoen wat deur Covid-19 ontwrig is, gesukkel en vierde uit vyf spanne in die plaaslike Super Rugby AU-reeks geëindig.
Penney, wat sy tyd in Sydney met slegs vyf oorwinnings in 19 wedstryde afgesluit het, is in die middel van die 2021-seisoen gepos nadat die Waratahs hul eerste vyf kragmetings verloor het.
Grant Jarrold, voorsitter van die Crusaders-raad, sê Penney het vanweë sy “volwassenheid en rekord van agtereenvolgende sukses” bo ander kandidate uitgestaan.
“Rob het ons beïndruk met sy leierseienskappe en bewese rekord om op en van die veld af te innoveer,” sê hy.
Penney is die hoofafrigter van Japan se o.20-span en sal sy nuwe rol by die Crusaders inneem ná afloop van die o.20-Wêreldkampioenskap wat vandeesmaand in Suid-Afrika begin.
Die Crusaders speel Saterdag in die kwarteindronde van die Super Rugby Pacific-reeks vir die Fijian Drua gasheer.
– Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie